Ongelooflike verblyf in Kempton Park!
Dit was 'n wonderlike ervaring om in so 'n fantastiese gastehuis te bly! Alles was met goeie smaak en kunstig in groot detail gedoen, die dekor en meubels was keurig, meer as voldoende spasie vir 1-2 gaste, betroubare WiFi, eetgerei en kooktoerusting was beskikbaar. Die gasheer het baie ekstra moeite gedoen met inligting oor winkels in die omgewing, beste roetes, ens. Daar is voldoende eetplekke en winkels binne enkele kilometers. Baie sentraal geleë vir werk in die omgewing, naby al die groot roetes. Die eienaar is baie hulpvaardig en maak seker dat alles presies reg is vir die gaste. TV met Netflix en YouTube Premium was vrylik beskikbaar, veiligheid was vir seker met goeie toegangshekke, kar binne in erf agter 'n hek. Verkeer was baie stil oor die algemeen, en veral stil in die nag. Daar was genoeg komberse, waaiers, verwarmer, ens. Persoonlike benodigdhede soos seep, handdoeke, koffie/tee, skottelgoedseep, handwas seep, sjampoo, gebottelde water, sout en peper, speserye, lugbraaier, mikrogolfoond, ens.
See more