Successfully reported
+31

22 Bronze Bay

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 52 Lagoon Drive, 22 Bronze Bay, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

22 Bronze Bay is 'n lieflike selfsorgwoonstel met direkte toegang tot die strand vir 4 gaste in die Bronze Bay-kompleks in Umhlanga.

Die woonstel is op die vyfde verdieping geleë, het lugversorging en lei na 'n balkon met 'n lieflike uitsig oor die see. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet, en dit lei na die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed waarvan die onderste bed 'n dubbelbed is. Dié slaapkamer maak van 'n aparte badkamer met 'n stort en toilet gebruik. Daar is geen wasmasjien of tuimeldroër nie. Gehalte-linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n induksiestoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel geniet, of in die sitarea voor die TV ontspan. Daar is sekere DStv-kanale, 'n Explora-dekodeerder met PVR-geriewe, WiFi en toegang tot die balkon met 'n uitsig oor die see.

Daar is 'n kragomskakelaar wat sommige noodgeriewe sal laat werk gedurende beurtkrag.

Veilige parkeerplek vir 'n klein voertuig is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar en ekstra parkeerplek is onderhewig aan beskikbaarheid. Let asb. dat groter voertuie nie sal pas nie. Parkeerplek vir sleepwaens is nie beskikbaar nie en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Daar is drie stelle trappe van die motorhuis af en daar is geen hysbak nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Kirsty Geverifieer

Eiendomme 65

Resensies 204

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 52 Lagoon Drive, 22 Bronze Bay, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 22 Bronze Bay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 850
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 52 Lagoon Drive, 22 Bronze Bay, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98e2d7d741aa0df07035f547e948a04264a8288ac8284412502798bb85dd9195267f36f2733140cf442d670e4cbe98540749?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4) 23 5 1 5 52 Lagoon Drive 22 Bronze Bay 4320 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.71961 31.090651

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang