Successfully reported
+31

22 Uluwatu

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zimbali Coastal Estate, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

22 Uluwatu is 'n selfsorgvilla in die gesogte Zimbali Coastal Estate, aan die Noordkus. Die landgoed spog met 'n verskeidenheid sake- en ontspanningsgeriewe, sowel as 'n privaat afgesonderde strand.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en oopplan-leefareas. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping geleë; die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-hemelbed, en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Hierdie 2 kamers beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, en hierdie kamers deel 'n balkon. Die derde slaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die derde badkamer.

Die volledig toegeruste kombuis bevat die nodige toebehore om maaltye voor te berei en te kook, asook 'n wasarea. Die aangrensende leefarea lei af na die onderdakstoep, wat 'n buite-etenstafel met sitplek en 'n ingeboude braai-area het. Die stoep kyk uit oor die tuin en plonspoel. Die huis spog ook met 'n TV-sitkamer bo, en 'n dubbelmotorhuis vir 2 motors om in te parkeer.

Gaste het toegang tot die oord se geriewe soos swembaddens, tennis- en muurbalbane, die 18 putjie-gholfbaan, 'n paar kroeë, 'n koffiewinkel, kinderaktiwiteite en trou- en konferensielokale om te huur. Boonop is die oord binne 20 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marion Geverifieer

Eiendomme 33

Resensies 10

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Zimbali Coastal Estate, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 500
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 5 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zimbali Coastal Estate, Zimbali, 4418, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbbc57146c2ca1c62fa6696f3499e47f5ddc7f93602e6e988d124cd822557148d46a8bb02fa4c031a0fa17190638d80fccdbe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8) Zimbali Coastal Estate Zimbali 4418 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.5528309 31.1975737

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang