26 @ Edmond Rostand
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 26 Edmond Rostand Avenue, Chantecler, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
26 @ Edmond Rostand is 'n moderne, netjiese selfsorgwoonstel in 'n stil, boomryke woonbuurt. Die eenheid is apart van die huis met aparte ingang en parkeerplek reg voor die woonstel. Hierdie eenheid het sonkrag in die geval van beurtkrag.
Die woonstel het slaapplek vir tot 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. In die leefarea is 'n enkelslaapbank wat geskik is vir 'n kind. Die en suite-badkamer het 'n stort.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Met aankoms word koffie, tee en tuisgemaakte beskuit voorsien. Die eetarea het sitplek vir 3 mense, terwyl die sitkamer 'n gemaklike sitkamerstel en 'n muurplatskerm-TV het. Onbeperkte gratis Wi-Fi en Netflix is beskikbaar.
Die woonstel bied maklike toegang tot die N1-hoofweg. Dit is binne 1 km vanaf Laerskool Gene Louw geleë. Dit is binne 5,4 km vanaf Durbanville en 4,8 km vanaf Cape Gate Mall. Die area is ook bekend vir sy wynplase, toprestaurante en bergfietsroetes. Dit is net 28 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 30 km vanaf Stellenbosch.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Thelmie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 26 Edmond Rostand Avenue, Chantecler, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink 26 @ Edmond Rostand het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 26 Edmond Rostand Avenue, Chantecler, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang