26 @ Edmond Rostand
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 26 Edmond Rostand Avenue, Chantecler, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
26 @ Edmond Rostand is 'n moderne, netjiese selfsorgwoonstel in 'n stil, boomryke woonbuurt. Die eenheid is apart van die huis met 'n aparte ingang en parkeerplek reg voor die woonstel. 'n Sonkragstelsel is geïnstalleer om verblyf tydens beurtkrag sp gerieflik moontlik te maak.
Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. In die leefarea is daar 'n enkelslaapbank, geskik vir 'n kind. Die en-suite badkamer het 'n stort.
Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en bevat 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Koffie, tee en tuisgemaakte beskuit word met aankoms voorsien. Die eetarea het sitplek vir 3 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur. Onbeperkte gratis WiFi en Netflix is beskikbaar.
Die woonstel bied maklike toegang tot die N1. Dit is 1 km van die Laerskool Gene Louw af. Dit is binne 5,4 km vanaf Durbanville en 4,8 km vanaf Cape Gate Mall. Die omgewing is ook bekend vir wynplase, topklasrestaurante en bergfietsroetes. Dit is slegs 28 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 30 km vanaf Stellenbosch.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Thelmie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 26 Edmond Rostand Avenue, Chantecler, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink 26 @ Edmond Rostand het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 26 Edmond Rostand Avenue, Chantecler, Cape Town, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang