26 Muirfield Jackal Creek Apartment
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Unit 26 Muirfield Jackal Creek Golf Estate, Boundary Road, North Riding, Roodepoort, 2169, Gauteng
- Vanaf R870 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
26 Muirfield is 'n selfsorgwoonstel in die veilige Jackal Creek Gholflandgoed in North Riding, Roodepoort. Die landgoed beskik oor 'n verskeidenheid geriewe vir gaste om te gebruik, 'n 18 putjie premier-gholfbaan, 'n klubhuis en 'n gimnasium, swembaddens, 'n welstandsentrum, 'n restaurant, asook muurbal- en tennisbane. Daar is inwonende Jakkals wat vry rondloop in die landgoed en beskerm word.
Die woonstel kyk uit oor die gholfbaan en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en die badkamer is toegerus met 'n stort-oor-bad. Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, 'n stoof, 'n wasmasjien, asook ander nodige toebehore en breekware om te gebruik.
Die sitkamer het 'n bank en 'n platskerm-TV vir mediavermaak. Daar is ook gratis WiFi-internettoegang binne die woonstel beskikbaar. Die woonstel het ook 'n buite-area, waar gaste saans die majestueuse sonsondergange kan bewonder. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad wat in die kompleks geleë is, en daar is 2 veilige parkeerplekke 'n entjie van die woonstel af, vir 2 motors om op te parkeer, waarvan een onderdak is.
Boonop is die landgoed naby Northgate Winkelsentrum, privaatskole, Life Wilgeheuwel Hospitaal, Olivedale en Flora Clinic, en Lanseria Internasionale Lughawe sowat 17 km ver.
Die eiendom is ook 'n entjie se ry vanaf die Wieg van die Mensdom, Gold Reef City, Silverstar Casino, asook Monte Casino.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Unit 26 Muirfield Jackal Creek Golf Estate, Boundary Road, North Riding, Roodepoort, 2169, Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Unit 26 Muirfield Jackal Creek Golf Estate, Boundary Road, North Riding, Roodepoort, 2169, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang