30° South on Stiebel
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 256 Stiebel Rocks Road, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 300 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
30° South on Stiebel word deur duinwoude en ongerepte strande omring. Hierdie pragtige selfsorg-vakansiehuis is in die gesogte Umzumbe op die Blouvlagstrand geleë en is met Bali-geïnspireerde dekor versier.
Dié huis bied gerieflike slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Hierdie kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel die derde badkamer wat 'n bad het.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.
Skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe. Dié stoep lei na 'n swembad. Draagbare braaigeriewe is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 256 Stiebel Rocks Road, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 256 Stiebel Rocks Road, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang