31 Buitekant
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 31 Buitekant Street, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R2 902 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
31 Buitekant is in die hartjie van Stilbaai geleë en is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis wat ideaal is vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige kustoevlugsoord binne maklike bereik van plaaslike winkels en restaurante.
Dié volledig gemeubileerde huis beskik oor 4 slaapkamers en bied gerieflike slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en sy en suite-badkamer is toegerus met 'n bad en stort. Twee van die kamers het 'n dubbelbed, terwyl die vierde kamer 2 enkelbeddens het. Hierdie kamers deel die gebruik van 2 badkamers met storte.
Die kombuis het 'n ontbyttoonbank met kroegstoele, 'n stoof, oond, mikrogolfoond en broodrooster. 'n Yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar in die opwaskamer net langs die kombuis. Die huis spog met 'n knus binnebraai-area asook 'n uitnodigende sitkamer waar gaste kan ontspan. 'n TV met DStv en komplimentêre WiFi is beskikbaar vir gaste se gebruik.
Buite bied 'n privaat agterplaas met 'n welige grasperk die ideale plek vir buitemuurse aktiwiteite of bloot om te ontspan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Jason Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 31 Buitekant Street, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 31 Buitekant Street, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang