360on62 Mountain View Farm Cottages
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 165, Off the R62, Montagu, 6750, Wes-Kaap
- Vanaf R2 490 per nag (plek vir 4)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
360on62 Mountain View Farm Cottages bied selfsorgverblyf in plaaskothuise met 360º-uitsigte op die berge. Die kothuise is op 'n werkende plaas net 7 km buite Montagu in die Klein-Karoo op die R62 geleë. Dit is net 193 km van Kaapstad af en neem reisigers deur die klippoorte van Kogmanskloof na die Klein-Karoo en die bekoorlike dorpie Montagu. Dié geskiedkundige dorpie is in 'n vrugbare vallei geleë wat deur die Swartberge en Langeberge omring word.
Die opknappingswerk aan die kothuise is sorgvuldig en noukeurig voltooi om die geboue se outentieke elemente te bewaar. Die kothuise is eenvoudig, maar linne, breekware, eetgerei, 'n gaskooktoestel en 'n mikrogolf word wel voorsien. Elke kothuis het ook 'n braaiplek op die stoep. Die kothuise het nie TV's nie, sodat gaste se aandag nie van die voëlgesang of die roep van die jakkalse afgetrek word nie. Die gevlekte ooruil en Kaapse ooruil is pragtige roofvoëls wat gereeld rondom die kothuise gehoor en gesien word.
Die gemeenskaplike braaigeriewe by die swembad is ideaal vir 'n groot groep wat saam in die lapa wil braai. Die swembad bied 'n uitsig op die majestueuse Langeberge en is die ideale plek vir 'n skemerkelkie of ontspan na 'n lang, warm dag.
Lentetyd is enige vygie-liefhebber se droom en is werklik die ideale tyd om die Klein-Karoo te besoek. Kom ontspan in die platteland en geniet die manjifieke vertoning van blomme op jou voorstoep. Die plaas het 'n paar goeie voëlkykplekke en die plaas se voëllys sluit 75 spesies, insluitend die visarend, die bloukraanvoël en ander watervoëls by die dam in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Brendan Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 52
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Farm 165, Off the R62, Montagu, 6750, Wes-Kaap
- Gaste dink 360on62 Mountain View Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 165, Off the R62, Montagu, 6750, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang