Successfully reported
+63

3714 @ Ribbok

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3714 Ribbok Avenue, Marloth Park, 1042, Mpumalanga
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

3714 @ Ribbok is 'n ruim selfsorghuis vir 4 volwassenes en 2 kinders wat tussen knoppiesdoringbome in Marlothpark geleë is.

Die huis het 2 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -eetarea, asook 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel vir 6, asook 'n skottelgoedwasser.

Die sitarea het 'n slim-TV en WiFi en dié area lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die plonspoel en bomabraai-area.

3714 @ Ribbok is naby Hek 2 in 'n rustige deel van die park geleë. Gaste kan 'n wye verskeidenheid vrylopende wild sien wat die huis besoek. Marlothpark bied 'n verskeidenheid doendinge, soos voëlkyk, fietsry, stap en vierwielmotorfietsry. Die dorp bied ook 'n waterpark en putt-putt-baan, asook basiese geriewe soos 'n drankwinkel, restaurant, bakkery, kuriohandelaar en 'n vulstasie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbed vir 2

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Maryke S
Gesin met klein kinders
5.0
Ek sal weer 'n bespreking maak. Ons het baie lekker gekuier, beddens het lekker geslaap. Ons het baie lekker op die stoep gekuier. Skottelgoedwasser w...
Sien meer
Jun 2025
Darine G
Gesin met klein kinders
5.0
Bitter lekker gekuier. Diere elke aand by ons kom kuier. Ons het baie lekker gebly. Plekkie was baie netjies, incheck was maklik en sonder probleme. D...
Sien meer
Jan 2025
Tizane N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie unieke ervaring met die diere wat by jou huis kom kuier. Baie lekker gebly. Laat weet asb. vir die eienaar dat die lugverkoeler (air conditioner)...
Sien meer
Mrt 2024
Fetsi M
Saam met vriende
4.8
Nice place. Was great, just need to degas the fridge; it was not that cold for the food in there with the heat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Domongoes G
Saam met vriende
4.8
Heerlike kuier eenheid en sal dit aan beveel. Baie netjies, goed geleë, een van die kamers se bed is ongemaklik hard. Verder was die ervaring positief...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Carina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 3714 Ribbok Avenue, Marloth Park, 1042, Mpumalanga
  • Gaste dink 3714 @ Ribbok het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 450
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 450
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3714 Ribbok Avenue, Marloth Park, 1042, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA88f553822d3b918901d9654cbf588050406ff8b9db42888071c42c54e304924970df130c6435af2c5615e6f5dc2c877c7607?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6) 24 5 1 5 3714 Ribbok Avenue Marloth Park 1042 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.347552719607 31.802736093254

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang