Successfully reported
+37

40 on Aspen

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 Aspen Crescent, Zwartkop x4, Centurion, 0157, Gauteng
  • Vanaf R890 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

40 on Aspen bied gaste gerieflik gemeubileerde selfsorgverblyf in Centurion, en is ideaal geleë vir sakereisigers.

Gaste het 'n keuse van 4 eenhede wat op die eerste verdieping geleë is, en bied slaapplek aan 1 of 2 gaste. Elkeen van die oopplan-eenhede het 'n privaat ingang en is ingerig met 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed. Die kamers het almal en suite-badkamers, en vir gerief word katoenlakens en handdoeke voorsien.

Die eenhede is almal toegerus met kombuisies met tweeplaatstoofies en oonde, mikrogolwe, yskaste, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Elke eenheid het ook 'n lessenaar, onbeperkte WiFi-toegang, sowel as 'n TV met Netflix, en sommige kamers maak oop op 'n balkon wat oor die tuin en stad uitkyk. Gaste het ook toegang tot 'n lieflike patio met leerbanke en eetgeriewe.

Die eenhede word daagliks skoongemaak, parkeerplek is beskikbaar. Neem asseblief kennis dat rook nie in die eenhede toegelaat word nie, maar gaste mag in die tuin rook. Ongelukkig kan kinders en troeteldiere nie geakkommodeer word nie.

Die gastehuis is toegerus met sonkrag en word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

40 on Aspen is net 2 km vanaf Centurion Mall, 'n verskeidenheid gimnasiums en besighede, en 3 km vanaf die Gautrein Centurion-stasie geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elzerie V
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. We had a wonderful overnight stay at 40 on Aspen. From the start, our host Matty was polite, friendly, and very efficient. W...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Tinus D
Saam met lewensmaat
5.0
Matty, jou plekkie is 'n ware juweel. Ek het my nag daar terdee geniet. Baie lekker gebly, dankie.
Sep 2025
Chrisna P
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en pragtig. Pragtige netjiese plek.
Aug 2025
Henry O
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek en baie gerieflik. 40 on Aspen is pragtig, upclass en rustig. Sal beslis weer hier bly.
Jul 2025
Delmain B
Besigheidsreis
5.0
Luxurious. Beautiful luxurious place! Love the garden and interior.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Matty Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 40 Aspen Crescent, Zwartkop x4, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink 40 on Aspen het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 890
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 890
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 890
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 Aspen Crescent, Zwartkop x4, Centurion, 0157, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c876cd9ec7c65bc31f81b1a170c7536e42d48c42659b429320747271aeaeb4dd473bcb5b6444aef64624dc8ac4e06dd1fd2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 40 Aspen Crescent Zwartkop x4 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.863381511669 28.179961

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang