40 on Ilkey B&B
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 40 Ilkey Road, Lynnwood Glen Estate, Pretoria, 0081, Gauteng
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
40 on Ilkey B&B is 'n bekoorlike B&B in Lynnwood Glen, 'n stil, veilige, lowerryke woonbuurt net 'n klein entjie se ry vanaf Menlyn Park Winkelsentrum. Johan en Danél, jou gasheer en gasvrou, is bekend vir hul hartlike gasvryheid.
40 on Ilkey het 10 kamers wat goed ingerig is. Die vloere is van hout, die dekor is heuningkleurig, en die gerieflike beddens is oorgetrek met perkallinne. Elke kamer is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi en koffie, teen en koekies word voorsien. En 'n skoonmaakdiens is ingesluit.
'n Heerlike ontbyt word soggens in die oopplan-eetkamer en -sitkamer bedien. Gedurende die winter beteuel 'n kaggelvuur die koue en in die somer woel die son die roostuin se parfuum los. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Al wat tussen jou en die Strubendam by Waterkloofspruit staan, is 5 minute se stap. Dié voëlreservaat is 11 hektaar groot en dit is veral gewild onder voëlkykers en hengelaars - kyk gerus of jy 'n baars of 'n karp kan kry om te byt! Johan en Danél is ook meer as bereid om raad te gee oor vervoer en kulturele toere in Pretoria en die omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Danel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 109
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 40 Ilkey Road, Lynnwood Glen Estate, Pretoria, 0081, Gauteng
- Gaste dink 40 on Ilkey B&B het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 40 Ilkey Road, Lynnwood Glen Estate, Pretoria, 0081, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang