Successfully reported
+17

48 Twist Street

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 48 Twist Street, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

48 Twist Street is 'n baksteen-selfsorghuis in Pearly Beach, Gansbaai, stapafstand van die see af. Die huis is 'n ideale toevlugsoord vir gesinne of vriende wat uit hul besige lewens wil ontsnap. Verblyf word slegs op die onderste vlak van die huis gebied.

Die huis het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n ekstra enkelbed en 'n slaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en al die nodige toebehore en breekware word voorsien. Geriewe sluit 'n ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n stoof in. Die leefarea beskik oor 'n paneelverwarmer, en 'n DVD-speler, asook 'n slim-TV met DStv-vermoë, sou jy jou eie dekodeerder en slimkaart of datatoestel wil saambring. Die huis spog ook met 'n groot binnebraaikamer, met braaitoebehore. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamer, leefarea en die braai-area.

Uitsigte oor die see kan vanuit die braaikamer geniet word. Die eiendom is toegebou, met alarm. Troeteldiere wat goed gedra word toegelaat indien vooraf gereël. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Stephan B
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing, pet-friendly getaway with a spacious yard, great entertainment area. We had an incredible stay at 48 Twist Street in Pearly B...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Issie V
Saam met lewensmaat
5.0
Groot plus, netjies. Sal 100 persent aanbeveel. Ons sal weer die akkommodasie gebruik. Is alles waar wat opgemerk is en naby die strand. Hoogs aanbeve...
Sien meer
Okt 2024
Stephan B
Gesin met klein kinders
5.0
Safe. Peaceful. Comfortable. Beautiful. We had an amazing family stay in Pearly Beach! The enclosed garden was perfect for our pets, gi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Catherina S
5.0
Die selfsorg akkommodasie was paslik vir my behoefte met netjiese geriewe. Ja, die verblyf en omgewing was goed.
Feb 2024
Vanessa O
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlike, veilige verblyf. Ons het baie lekker gekuier. (Honde ingesluit) Die gasvrou het altyd vinnig gereageer as daar 'n vraag was. Alles wat nodig...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Surina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 48 Twist Street, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 48 Twist Street het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 48 Twist Street, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAActacbSzsRrAsjSOrHzFKfBJt9TLfnNil6YLQRmkwV70t8snYhi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 5 mense 13 5 1 5 48 Twist Street Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.661457 19.491032
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang