Successfully reported
+25

5 on Penny Self-catering, Durbanville

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 14
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Penny Street, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R590 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

5 on Penny is in Vierlanden, Durbanville geleë en bied gehalteverblyf, ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gaste op soek na verblyf naby hospitale en skole. Dis in 'n veilige, stil buurt op die grens van Durbanville se wynlande. Die Botterblom Natuurreservaat is binne loopafstand van die eiendom af en daar is verskeie goeie restaurante in nabye omgewing. Die eiendom het elektriese omheining en 'n alarmstelsel.

Die Xino-kamer beskik oor 'n privaat ingang met 24 uur toegang, 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite-badkamer met 'n bad en stort.

Die kamer lei na die tuin en swembad en het 'n platskerm-TV met volledige DStv, lugversorging, plafonwaaier, elektriese komberse, gratis WiFi en 'n werkstasie vir jou rekenaar of om jou ete by te geniet. Daar is ook 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en koffie- en teemaakgeriewe.

Die tweede en kleiner kamer is die Zizi-kamer en is ideaal vir sakereisigers, 2 tieners wat saam met hul ouers reis, of 2 volwassenes wat op soek is na oornagverblyf. Die kamer lei na die tuin en swembad en het n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n privaat ingang met 24 uur-toegang. Daar is lugversorging, 'n elektriese kombers, 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket, gratis WiFi, 'n kombuisie met koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei, mikrogolf en 'n yskassie.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad, 'n lapa met gas- en houtbraaigeriewe en oorgenoeg sitplek vir lekker kuier en ontspan. Veilige verligte parkeerplek is in die oprit beskikbaar. Die gemeenskaplike area en tuin het 'n elektriese omheining en 'n alarmstelsel wat die kamers beveilig.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 183 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Pieter H
5.0
Value for money, central, clean and safe. Very friendly. I booked my elderly mom into 5 on Penny for 4 nights. She really enjoyed her s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Robert S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Sal beslis aanbeveel. Wat 'n pragtige plek! Mooi netjiese verblyf in veilige area. Mooi tuin en alle geriewe benodig.
Okt 2025
David H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic self catering. Absolutely fantastic self catering. Charles has gone to a lot of trouble. I recommend it to anyone.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Tandisizwe M
Besigheidsreis
5.0
Absolutely amazing. Amazing. Clean. Quiet. Private. Really fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Naomi B
Saam met lewensmaat
5.0
Definitief die moeite werd om by 5 on Penny te gaan kuier. Gasheer was baie vriendelik en behulpsaam, ek het 'n probleem met my kar gehad en hy het my...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Charles Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 183

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 5 Penny Street, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink 5 on Penny Self-catering, Durbanville het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 590
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 590
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 590
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 14
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Penny Street, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHAT1r7EyGz7Ir6dPXf72ZqWeGiykyStG6DtBrK92KGtOgZT0FD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R590 per nag (plek vir 2) 183 5 1 5 5 Penny Street Vierlanden 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.8094842 18.6555218

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang