52 Oaks Guest House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 52 Totius Street, Sasolburg, 1947, Vrystaat
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
52 Oaks Guest House is in 'n stil en rustige woonbuurt in Sasolburg, in die hartjie van die Vaaldriehoek geleë. Is naby alle besienswaardighede naby Sasolburg soos Vaalrivier, Vredefort Koepel en Emerald Resort & Casino. Die gastehuis bied drie gerieflike dubbelslaapkamers, insluitend 'n dakwoonstel-suite en twee selfsorg-suites.
Elke slaapkamer het sy eie privaat en suite-badkamer en privaat ingang. Alle kamers is toegerus met lugversorging en maak óf oop na die tuin óf het tuin-uitsigte.
Die dakwoonstel-suite het 'n en suite-slaapkamer met sy eie privaat balkon met uitsigte oor die tuin en swembadarea waar skouspelagtige Afrika-sonsondergange besigtig kan word.
Die gastehuis het 'n gerieflike eetarea asook 'n koffiekroeg waar gaste kan ontspan. Alle kamers het volledige DStv, yskas, ketel, mikrogolf en WiFi-verbinding.
Bykomende geriewe by die gastehuis sluit 'n swembad, houtdek-area, kouewater-jaccuzi, braaigeriewe en lapa-area in. Afstandbeheerde hekke en onderdakparkeerplek beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Uvanka Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 52 Totius Street, Sasolburg, 1947, Vrystaat
- Gaste dink 52 Oaks Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 52 Totius Street, Sasolburg, 1947, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang