Davidson Place
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 52 Davidson Street, Fairland, Johannesburg, 2195, Gauteng
- Vanaf R730 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Davidson Place is op die eienaar se perseel in Fairland, Johannesburg. Die perseel is sowat 6 km van die Cresta-winkelsentrum en Clearwater Mall af.
Die woonstel het lugversorging en bied 'n aparte ingang. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die oopplan-kombuisie het basiese verhit-en-eetgeriewe, soos 'n yskas, mikrogolfoond, 'n ketel en 'n broodrooster. Die sitarea langsaan het 'n slaapbank vir 'n derde gas. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep. Daar is 'n aparte braai-area en die woonstel het gratis WiFi en 'n TV met volledige DStv-kanale.
Die Log Cabin het lugversorging en bied 'n aparte ingang. Daar is 2 slaapkamers, waarvan 1 kamer 'n dubbelbed en 1 kamer 'n enkelbed het. Die aparte badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort. Die sitarea en die kombuis is oopplan. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas en 'n ketel toegerus. Die sitarea het 'n slaapbank, 'n TV met DStv en Netflix, sowel as gratis WiFi. Die huis het ook 'n stoep en 'n toegewese motorafdak.
Albei eenhede het 'n aangewese parkeerarea en gaste het toegang tot die gemeenskaplike braaigeriewe en die swembad. Die eenhede kan daagliks skoongemaak word en wasgoed kan op versoek gewas word. Beide eenhede is gekoppel aan die eiendom se sonkragstelsel sodat ligte, TV en WiFi tydens beurtkrag gebruik kan word. Geen hittegenererende toestelle of lugversorging kan tydens beurtkrag gebruik word nie.
52 on Davidson het die perfekte ligging sowat 13 tot 15 km van The Dome in Northgate, Randpark-gholfklub, 30 km van Lanseria Internasionale Lughawe af en 800 m vanaf die Mosaic Lifestyle Centre.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lesley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 103
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 52 Davidson Street, Fairland, Johannesburg, 2195, Gauteng
- Gaste dink Davidson Place het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 52 Davidson Street, Fairland, Johannesburg, 2195, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang