Successfully reported
+92

6 Olives on Third

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 60 Third Street, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

6 Olives on Third is in Linden, Johannesburg geleë en bied gehalteverblyf vir paartjies, gesinne en sakereisigers. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, asook verskeie hospitale.

Die 6 Olives on Third-woonstel is op 'n woonerf geleë en beskik oor 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv, en die eetarea het genoeg sitplek.

Die 6 Olives on Third-huis beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers albei met 'n stort en 'n bad.

Tree Tops on 60 is geskik vir 4 gaste en is op die eerste verdieping geleë. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Die eenheid het nog 'n aparte slaapkamer met 'n dagbed wat in 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens omskep kan word. Die eenheid het 'n uitsig oor die tuin.

Die huis het ook 'n ten volle toegeruste kombuis, eetarea en leefarea wat na 'n tuin met 'n stoep en braaigeriewe lei.

Gratis WiFi word voorsien. Daar is lieflike braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Die Emmarentiadam en die Botaniese Tuine is lekker naby die eenhede geleë, sowel as 'n rits restaurante en winkels.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Etienne M
Saam met lewensmaat
5.0
10 uit 10 vir alles. Kan definitief sê ons sal vir seker weer daar bly, dis netjies, modern, skoon en baie veilig. Ronél is baie vriendelik en behulps...
Sien meer
Okt 2025
Yolandi S
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendelik gerieflik waarde vir geld. Ronel is die beste gasheer, ons is so vriendelik ontvang, ons kon die eenheid vroeër benut asook ons was so gelu...
Sien meer
Okt 2025
Daniel E
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent, definitely recommend. Host was friendly and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Roelof K
Saam met lewensmaat
5.0
Onvergetelik, gerieflik, fantasties ingerig! Wow! Ongeëwenaard! Ronel is 'n wonderlike mens! Pragtige plek!
Aug 2025
Karien P
Gesin met tieners
5.0
Kort, gesellige verblyf. Om by 6 Olives on Third te kon bly, was 'n wonderlike ervaring! Ons is vriendelik tegemoet gekom met ons aankoms, die woonple...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 51

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 60 Third Street, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Gaste dink 6 Olives on Third het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 990
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 990
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 60 Third Street, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIW16iWKu5cO0siecLy34ywk4eFryD3XnTdCZOuBpl0nonltnXz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 51 5 1 5 60 Third Street Linden 2195 Gauteng 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -26.132324191685 27.990762881284

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang