Successfully reported
+39

605 Nautica

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Clam Road, Table View, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

605 Nautica is 'n selfsorg-woonstel op die 6de vloer van die Nautica-kompleks, reg oorkant die pad van Dolphin Beach. Die woonstel bied 'n ongelooflik uitsig vanaf die patio op Tafelberg, Robbeneiland en oor die Atlantiese Oseaan. Gaste kan moontlik tydens walvisseisoen die walvisse gewaar wat Tafelbaai besoek, asook die oorvloed van dolfyn wat heen en weer oor die kus swem.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninginggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die uitsig oor Tafelberg en die oseaan vanaf dié slaapkamer is asemrowend. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik die aangrensende badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 4 mense en die sitkamer het 'n gemaklike bank en platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Gratis en veilig parkeerplek word binne 'n motorhuis voorsien. Daar is wasgoedgeriewe op die grondvloer met 2 groot wasmasjiene en tuimeldroërs.

Nautica is binne stapafstand van die MyCiti-bushalte en dit bied toegang tot die V&A Waterfront, die middestad en die lughawe. Die Durbanville-wynroete is naby en ander wynroetes soos Paarl, Stellenbosch en Franschhoek is maklik bereikbaar. Bayside Mall is ideaal vir inkopies en dis net 3 km van die woonstel af en die nuwe Table Bay Mall is ook naby.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
John K
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik lekker. Baie lekker. Sal enige tyd weer kom kuier.
Jul 2025
Anel M
Gesin met klein kinders
5.0
We enjoyed it very much, especially the sea view. Amazing. Very pleasant and enjoyable stay, highly recommended.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Anriëtte C
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowende uitsig en goed toegeruste woonstel. Definitief aan te beveel. Die plekkie het alles wat mens moontlik nodig mag kry en is wonderlik geleë....
Sien meer
Jun 2025
Denise B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike verblyf met ongelooflike uitsig oor die see en berg! Eenheid gerieflik en eienaars altyd beskikbaar om enige navrae te hanteer.
Mei 2025
Clive S
Saam met vriende
5.0
Very nice. Very good, even though the weather was not very good, but the facilities offered were on par.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Kelly Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 130

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 18 Clam Road, Table View, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink 605 Nautica het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Clam Road, Table View, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGSemBafMVj6fPJFRYslbZiAUa5wlqc7uXY8TzAk6uX360q1foi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4) 61 5 1 5 18 Clam Road Table View 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.825215597522 18.479654839287

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang