62 The Shades
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 Weaver Crescent, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
62 The Shades is 'n goed gemeubileerde vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in Umhlanga en is die perfekte plek vir 'n groep vriende of 'n klein gesin wat op soek is na 'n kuswegbreek.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer is toegerus met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV, en die skuifdeure maak oop na die binnebraaikamer, en die tweede skuifdeur maak oop na 'n privaat patio.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad binne die kompleks en onderdakparkeerplek is slegs vir 1 voertuig beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Greg Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 41
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 23 Weaver Crescent, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 62 The Shades het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 23 Weaver Crescent, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang