Heaven on the Beach @ Summerseas
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 43 Marine Drive, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R2 750 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
63 Summerseas Heaven on the Beach is 'n ruim woonstel vir 6 gaste op die strandfront met 'n pragtige see-uitsig.
Die moderne woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed en die kamers deel die badkamers met storte en baddens.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die toonbank of etenstafel geniet. Gaste kan ook in die sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale ontspan of in die kleiner sitarea met 'n uitsig oor die swembad en see kuier.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad en gaste kan die kort entjie deur die kompleks se hekkie na die strand stap.
63 Summerseas Heaven on the Beach is net 300 m vanaf die Summerstrand Village met verskeie winkels en restaurante, 1,5 km vanaf die Boardwalk met die casino, winkels en restaurante, en 2,2 km vanaf die Humewood Gholfklub.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Mariliesh Geverifieer
Eiendomme 45
Resensies 266
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 43 Marine Drive, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Heaven on the Beach @ Summerseas het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 43 Marine Drive, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang