Successfully reported
+6

65 Brenton Park

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unit 65 Brenton Park, Captian Duthe Road, Brenton Lake, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

65 Brenton Park is 'n selfsorghuis in 'n veilige kompleks in Brenton Lake wat slegs 10 minute se ry van Knysna af is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike akkommodasie naby aan verskeie doendinge op die Tuinroete.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en is ten volle gemeubileer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die ander 2 kamers het 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer. Die leefarea is oopplan en die kombuis is goed toegerus en beskik oor die basiese geriewe om heerlike maaltye op te tower.

Die eetkamertafel het sitplek vir 6 mense en die leefarea bevat gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n patio met braaigeriewe wat gaste welkom is om te gebruik. Daar is parkeerplek beskikbaar vir 1 voertuig en die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en tennisbaan asook ander geriewe vir gaste se gebruik.

65 Brenton Park is die ideale basis vanwaar jy Knysna kan verken asook die Knysna Koppe, Featherbed Ferries, Plettenbergbaai en ander besienswaardighede op die skilderagtige Tuinroete.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Liba Q
Saam met lewensmaat
5.0
My second home. This was my 6th time staying there.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Danny V
Gesin met tieners
5.0
Alles wat jy nodig het met 'n wonderlike uitsig oor Knysna. Baie lekker gebly, rustige omgewing met mooi bome, voëls en bosbokke.
Jan 2025
Fiona G
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Lieflike rusplek. Ons het vir die soveelste keer hier gekuier en dit bly 'n besondere plek. Ons geniet die groot stoep met lieflike rusbank en 'n u...
Sien meer
Des 2024
Tanita J
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike, ten volle toegeruste huis. Heerlike blyplek met mooiste uitsig. Ten volle toegeruste huis. Ons het heerlik gebly.
Jul 2024
Andre K
Saam met vriende
5.0
Asemrowend. Fantasties, almal was verras oor die mooi uitsig en die ligging. Was definitief die moeite werd en sal vir seker weer terug gaan.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jakkie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Unit 65 Brenton Park, Captian Duthe Road, Brenton Lake, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink 65 Brenton Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unit 65 Brenton Park, Captian Duthe Road, Brenton Lake, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPT3rHeomre5pFg23ZKJjyKILvpT4wvNfy0bSiMx131vxVjLhpw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 42 5 1 5 Unit 65 Brenton Park Captian Duthe Road 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.070721 23.026495

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang