Successfully reported
+35

7 Villa Flamenco

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 31 Ocean Drive, Shaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

7 Villa Flamenco bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die grondverdieping in die Villa Flamenco-kompleks in Shaka's Rock. Die kompleks bied direkte toegang na die strand.

Dié smaakvol versierde woonstel beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het, asook 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, yskassie, oond, stoof, mikrogolf, ketel, rooster, eetgerei en breekware. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank. Daar is gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitkamer. Die sitarea lei na 'n patio met 'n see- en stranduitsig.

Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe. Die kompleks is ook veilig en daar is deurlopende toesig en 'n goeie sekuriteitsrekord. Gaste het toegang tot 'n toesluitmotorhuis vir 1 voertuig en ander beperkte parkeerplek in die kompleks.

Die woonstel word 6 dae per week skoongemaak, Maandae tot Saterdae en openbare vakansiedae is uitgesluit. Skoonmaak sluit die opmaak van beddens, skoonmaak van toilette en skottelgoed, vee en mop van vloere in. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. eie swemhanddoeke bring.

Ongelukkig word studente sonder ouer-toesig nie toegelaat nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Thembi M
Saam met vriende
5.0
Didn't want to go home. Love the place and the ambience. Everything was neat and beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Slie H
Saam met vriende
5.0
Perfect. We had an amazing time with my friends. Everything was in order.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Tanya J
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker, bekostigbaar en reg langs die see. Ons sal hulle weer gebruik! Dit was amazing!
Sep 2025
Mahomed K
Gesin met tieners
5.0
Excellent. A perfect holiday destination. I enjoyed the stay very much.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Lydia D
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties lekker! Ons het baie lekker gebly. Dis baie rustig en veilig en die mooiste see-uitsig uit die sitkamer uit.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ryan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 80

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 31 Ocean Drive, Shaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 7 Villa Flamenco het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 31 Ocean Drive, Shaka's Rock, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcPbZLLoNj3aSe2WipIhheFZe3swgDdOsdrS9mqnoYR7mABESq6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4) 80 5 1 5 31 Ocean Drive Shaka's Rock 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -29.511428064277 31.231877803802

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang