Successfully reported
+29

74 Eden Sands

  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 42 Middleton Road, Winklespruit, Kingsburgh, 1426, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R775 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

74 Eden Sands is 'n moderne tweeslaapkamer-eenheid met 'n see-uitsig. Dié eenheid is op die grondvloer geleë, maar daar is wel trappe wat vanaf die parkeerarea na die eenheid lei. Die eenheid bied direkte toegang tot die strand en is in Kingsburgh, Amanzimtoti naby verskeie winkles geleë. Dit bied selfsorgverblyf vir 'n groep of gesin van tot maksimum 4 volwassenes en 1 kind.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die leefarea wat geskik is vir 1 kind. Elke kamer het 'n waaier. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Bring asb. jou eie strandhanddoeke saam.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n tweeplaatstoof. Die sitkamer het DStv dekodeerder met basiese kanale.

Die kompleks is baie veilig met elektriese heinings en sekuriteitswagte. Daar is ook 'n veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Verder is daar ook 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe in die kompleks met lieflike tuine. Dit is net 'n entjie se ry vanaf verskeie winkels en restaurant en 10 km vanaf die Gallaria Winkelsentrum waar al die pret en plesier is.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 124 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Christel V
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly. Plek was skoon, mense vriendelik. Alles wat ons nodig gehad het. Baie lekker gebly. Plek was skoon, mense vriendelik. Alles wat ons...
Sien meer
Sep 2025
Wiandri G
Gesin met klein kinders
5.0
Huisie van jou huis af. Behalwe vir die weer het ons 'n baie lekker ervaring hier gehad. Tannie Trudie was vreeslik hulpvaardig en baie behulpsaam met...
Sien meer
Apr 2025
Izani H
Gesin met tieners
5.0
Asemrowende uitsig op die see in dié pragtige moderne plekkie. Pragtige, goed toegeruste eenheid met alles wat jy nodig het. Die eenheid het 'n prentj...
Sien meer
Feb 2025
Erika L
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Definitief sal dit aanbeveel vir almal.
Des 2024
Danel L
Gesin met tieners
4.4
Nostalgie. Ons het baie lekker gebly. Pragtige netjiese plekkie. Niks meer nodig gehad nie. Sal wel net aanbeveel om beter waaiers aan te skaf. Die 2 ...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Trudie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 124

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 42 Middleton Road, Winklespruit, Kingsburgh, 1426, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 74 Eden Sands het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 775
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 775
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 775
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 42 Middleton Road, Winklespruit, Kingsburgh, 1426, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFiMWM2ODM0LWYwMGQtNDRmZC04MjIzLWQ4YWMyYWE2NzQ3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R775 per nag (plek vir 5) 124 5 1 5 42 Middleton Road Winklespruit 1426 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 09:00 -30.099561 30.859229

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang