Successfully reported
+25

The Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
    8 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Nkwasi Drive, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R6 250 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

The Beach House is op 'n puik erf aan die strand geleë met ongelooflike uitsigte oor die strandmeer en die see. Die huis is ruim en gerieflik en is die ideale strandhuis vir vriende en familie om te geniet in Zinkwazi Beach, KwaZulu-Natal.

Dié huis het slaapplek vir tot 8 volwassenes en 2 kinders in 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens, met 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde en vierde slaapkamers is albei ingerig met 2 enkelbeddens in elke kamer, terwyl die vyfde slaapkamer ingerig is met 'n stapelbed wat net vir kinders is. Die drie slaapkamers deel 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort, wasbak en toilet. 'n Gastebadkamer met 'n aparte toilet is ook beskikbaar. Linne en bad- en strandhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea is ingerig met 'n groot etenstafel, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die sonkamer is ingerig met meer sitplek, en dit maak oop op 'n onderdakstoep wat met 'n etenstafel en 'n braai ingerig is. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste het direkte toegang tot die strand, 2 motorhuise en ekstra parkeerplek van die straat af op die perseel. Hierdie eiendom is naby verskeie winkels en restaurante.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.7
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Engela Geverifieer

Eiendomme 48

Resensies 14

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 75 Nkwasi Drive, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Beach House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 6 250
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 250
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 6 250
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
    8 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Nkwasi Drive, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf88fdb0aa7c90ba703cf41a2c8a919628f0337be9f891b55293316315e1ba5383425b0363e0611d61caf755db63b52ec73be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 250 per nag (plek vir 10) 3 5 1 5 75 Nkwasi Drive Zinkwazi Beach 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.281368132692 31.442055879832

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang