8 @ Bella Mare
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boardwalk Road, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
8 @ Bella Mare is 'n stylvolle selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks op Bella Mare Estate en is stapafstand vanaf die Boardwalk Mall, strande en restaurante.
Dié tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 gaste. Die smaakvolle hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamer maak gebruik van die gastebadkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder het dit 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die sentrale etenstafel is ideaal vir gaste om maaltye saam te geniet en lei verder na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die eenheid lei na 'n lieflike balkon met buitesitplek en 'n ingeboude braai. Gaste het toegang tot die kompleks se geriewe, wat 'n restaurant op die perseel, skemerkelkiekroeg, 'n gemeenskaplike swembad en 'n gimnasium insluit. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Mariliesh Geverifieer
Eiendomme 45
Resensies 260
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Boardwalk Road, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink 8 @ Bella Mare het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boardwalk Road, Summerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang