804 Villa Royale
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Colwyn Drive, Sheffield Beach, 4390, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 025 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
804 Villa Royale is 'n luukse selfsorgwoonstel in die veilige Villa Royale-kompleks in Sheffield Beach. Die woonstel het ongelooflike see-uitsigte en 'n groot stoep wat die gevoel gee van 'n skip op die wye oseaan.
Die woonstel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die sitarea het lugversorging en bied genoeg sitplek en 'n platskerm-TV. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig.
Die Villa Royale-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area met piekniekbankies en direkte toegang tot die strand. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Hilton Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 52
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 17 Colwyn Drive, Sheffield Beach, 4390, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 804 Villa Royale het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Colwyn Drive, Sheffield Beach, 4390, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang