899 On Burlington
Beskrywing
899 on Burlington Gastehuis is geleë in 'n stil woonbuurt genaamd Parktown Estate, 'n weggesteekte juweel in die westelike deel van Pretoria, met 'n uitstekende uitsig op die Magaliesberge. Die gastehuis bestaan uit een nuut opgeknapte eenheid met 'n oopplan slaapkamer/kombuisie en 'n badkamer met stort, wasbak en aparte toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, klein yskas, ketel, broodrooster en induksieplaat, en daar is komplimentêre tee/koffie en beskuit. Die eenheid het 'n pragtige, antieke dubbelbed met 'n nuwe matras en beddegoed, asook 'n ingeboude kas en 'n tafel met stoele. 'n Slaapbank bied ekstra slaapruimte indien nodig. Daar is ook 'n platskerm-TV met Netflix en gratis Wi-Fi. Die eenheid is toegerus met 'n plafonwaaier sowel as 'n lugversorger. Jou gasheer en gasvrou, Wanda en Christo, is nuut in die bedryf en hoop om jou verblyf so gemaklik en aangenaam moontlik te maak. Ons is 'n vriendelike, afgetrede egpaar en is meestal teenwoordig op die perseel. Ons praat Afrikaans en Engels. Die gastehuis is apart van die hoofhuis, maar aangrensend daaraan. Ons het dit baie geniet om die oumawoonstel te omskep in 'n knus gaste-eenheid. Die eenheid het 'n uitsig oor die swembad. Daar is ook 'n lapa met braaigeriewe wat beskikbaar is vir gaste se gebruik. Veilige parkering is op die perseel beskikbaar met 'n eie ingang via 'n elektriese hek. Die Mayville Mall is slegs 800m weg en ideaal vir vinnige inkopies. Daar is 'n groot Checkers Hyper in die sentrum wat Sixty60-aflewering bied. Net 2km verder is Wonderboom Junction met verskeie goeie restaurante en winkels. Afstande na belangrike punte: 📍 7.5km vanaf die Uniegeboue 📍 9km vanaf Wonderboom Lughawe 📍 2.5km vanaf Eugene Marais-hospitaal 📍 6km vanaf Steve Biko-hospitaal Let asseblief daarop: Die gastehuis is 'n nie-rook area, maar rook word buite by die lapa toegelaat. Geriewe: Strykplank en yster, haardroër. Beurtkrag en kragonderbrekings kom baie selde voor.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Reëls & veiligheid
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Rates displayed are on a self-catering basis.
Huisreëls
Neem asseblief kennis: Die eenheid is 'n nie-rook area, maar rook word buite in die tuin toegelaat.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal | 
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal | 
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal | 
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 8
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 899 Burlington Avenue, Parktown Estate, Pretoria, 0084, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang