9 On Main
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Hoof Road, Wittedrift, 6603, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
9 On Main is in die hartjie van Wittedrift-dorpie, sowat 12 km buite Plettenbergbaai, geleë en bied 'n rustige plattelandse atmosfeer. Beeste wei steeds tussen die huise, en saans kom bosbokke te voorskyn om hul honger en dors te les.
Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die volledig toegeruste kombuis voorsien in selfsorgbehoeftes en sluit 'n stoof, broodrooster, yskas-vrieskas, tuimeldroër, mikrogolfoond, wasmasjien, eetgerei en breekware in. Die leefarea is ontwerp vir gerief, met 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek.
Dié ruim eenheid is op 'n privaat perseel geleë en bied veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. 'n Onderdakbraai-area is altyd beskikbaar vir gaste om te geniet.
As deel van die Bitou-voëlvleilande bied 9 On Main toegang tot voëlkykpunte sowat 3 km ver. Sentraalstrand in Plettenbergbaai, die naaste swemstrand, is sowat 15 km vanaf die eiendom. Visvanggeleenthede in die Bitou- en Keurboomrivier is minder as 5 km weg, terwyl 'n verskeidenheid uitstekende restaurante binne maklike bereik is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Elmari Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- 9 Hoof Road, Wittedrift, 6603, Wes-Kaap
- Gaste dink 9 On Main het ’n goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Hoof Road, Wittedrift, 6603, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang