Successfully reported

94 Camarque

Selfsorg

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
3.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.5
Veiligheid
5.0
Darius D
Lang verblyf
4.4
Des 2024

Lekker woonstel, maar moeilike ligging vir ouer gaste. Hierdie is seker een van die moeiliker resensies wat ek al moes skryf, want amper alles aangaande die eenheid was van gewensde gehalte, maar die klein jakkalsies van die opset van die woonstelle laat ongelukkig veel te wense oor. Die eenheid is baie netjies en goed toegerus, die eenheid was gereeld gediens en ons handdoeke en beddegoed was gereeld verander. Die enigste werklike probleem met die eenheid self is die feit dat die lugverkoeling se kondenseerders op die stoep aangebring is. So indien iemand die lugverkoeling aanskakel, verander die stoep in 'n sauna en maak dit ondraaglik vir enige iemand wat op die stoep wil sit en lees die view geniet, ens. Die eenheid bied ook slaapplek vir 6 gaste, maar 'n eetkamertafel vir slegs 4. Die grootste probleem het ongelukkig nie met die eenheid self te doen nie, maar hoe mens by die eenheid uitkom. Van die parkeerarea tot by die hysbak is 2-3 stelle trappe (afhangende van watter vloer jy op parkeer), en die hysbak het net 3 (vloere) waar hy stilhou. Die eenheid is tussen die 2de en 3de stop, so mens moet kies of jy trappe op of af wil klim tot by die eenheid se vloer. Die hysbak neem ook 'n geruime tydjie om te beweeg en 'n normale rit van grondvloer tot die 3de stop neem sowat 3 minute. Ongelukkig is 2 van ons mede-reisigers al verder gevorder in die lewe, en hierdie scenario het die trippies tussen die woonstel en die motor/strand/restaurante heeltemal versuur. Daar is ook 4 vloere op na die swembad toe. Daar is ook nie enigsins portiere wat mens kan assisteer met bagasie/kruideniersware, ens. nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
94 Camarque
Goeie dag, Darius, dankie vir jou terugvoer en ons het goeie nuus! Umdloti is ’n ware juweel aan die kus — daar is min bekostigbare plekke wat so ideaal geleë is: reg oorkant die strand, en binne loopafstand van gewilde eetplekke soos Tascas vir pizza en Sandbar vir seekos en cocktails. Ons het intussen die lugversorging op die toegeboude patio opgegradeer. Die kompressors is nou in ’n afgesonderde kamertjie, wat beteken die patio kan nou ten volle geniet word — sonder die hitte en geraas. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom vir ’n ontspannende kuier in Umdloti. Kontak ons gerus as julle weer wil kom bly! Vriendelike groete, Sonja

Innocentia S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Okt 2025

An experience that attracted me to become a tourist, extraordinary on top level. Absolutely fantastic! The place is gorgeous, except for the slow lift my husband calls it popcorn; otherwise, it was very beautiful being there.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 28 North Beach Road, Umdloti Beach, 4350, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8a32f2a2bbe1aaf7da313b5e5f2343115f2f77966d58bc124b830092463fbd1fbff7e36f2e70dc6e4ed90b0bb2dddc555b00?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 28 North Beach Road Umdloti Beach 4350 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.6658139 31.1217893
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang