Successfully reported

Stille Woning Guest House

Gastehuis

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Susra V
1 nag Besigheidsreis
5.0
Jul 2023

Uitstekend! Ek en drie kollegas het by Stille Woning oornag en die diens, vriendelikheid en deeglikheid van die personeel was vanaf die eerste oomblik puik! Ek sal Stille Woning met 'n geruste hart aanbeveel en self ook enige tyd weer daar oornag! Mens kan nie verkeerd gaan nie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liza D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mei 2023

Baie gasvry vriendelike personeel. Lucille is besonders besorg oor haar gaste. Heerlik gekuier, baie dankie. Tuine is pragtig en skep 'n rustige atmosfeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carlien G
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mei 2023

Rustig en gerieflik. Stille Woning kom tot sy volle reg wanneer jy inboek. Die foto's verteenwoordig nie die realiteit nie, ongelooflik mooi en rustig!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elmarie H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2023

Verskriklike lekker plekkie met die dierbaarste tannie wat so hulpvaardig was. Love, love, love die plekkie. Ons het so lekker gebly. Plekkie was mooi skoon en die personeel het uit hulle pad gegaan om ons te akkommodeer. Sal die plek definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nicole D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2023

Nice guesthouse and very secure! Amazing breakfast and very helpful host!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Celeste B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2023

Baie stylvol en puik diens. Ons het heerlik gebly. Dit is 'n pragtige plekkie met goed versorgde tuine. Alles is netjies en stylvol. Almal was so gasvry en behulpsaam. Ons was aangenaam verras met die koeldrank wat ons ontvang het met ons aankoms. Ek sal dit beslis aanbeveel vir enige iemand wat akkommodasie in Witrivier nodig kry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lucille
Stille Woning Guest House
Ag baie baie dankie vir die mooi resensie. Dit was so lekker om julle hier te hê en ons hoop ons sien julle weer binnekort in Witrivier.

Tania B
Kort verblyf
5.0
Jan 2023

Rustig en netjies. Vriendelike, hulpvaardige ontvangs. Pragtige tuin en gemaklike eenheid (al was daar 5 volgroeide familielede). Kan nie fout vind nie. Stille woning is dit beslis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Besigheidsreis
3.8
Jan 2023

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Lucille
Stille Woning Guest House
Hi Zenta Baie dankie vir jou terugvoering, Eks so jammer oor jou ervaring en die lawaai, Ek het met my personeel gepraat en ons sal teen 10:00PM seker maak almal is still, soos gevra op welkom brief wanneer mense inboek. Eks so jammer hieroor en wens regtig dat jy weer sal kom kuier, dat ons kan opmaak.

Melissa B
Kort verblyf
3.4
Mrt 2023

Goed genoeg. Die ontvangs en personeel is ongelooflik vriendelik. Dis 'n pragtige woning. Die ontvangs, eetsaal en tuin is lieflik. Ek voel egter nie dat die kamers op 4-ster standaard is nie. Met my eerste instap het die kamer bietjie muwwerig geruik en was baie donker. My stortdeur kon nie behoorlik toemaak nie, so die water het oor die vloer geloop. Die rakkie waarop jy jou body wash ens. sit was onstabiel en het gereeld afgeval. Die stortkoppe kan maar beslis vervang word, dit lyk of hulle al 60 jaar oud is en spuit glad nie meer lekker nie. My bed het heerlik geslaap en daar is meer as genoeg kussings en beddegoed. Vir die hoeveelheid mense wat ingeboek was vir die week was die parkeerplek hopeloos te min. Dit is ook 'n groot frustrasie om elke keer uit jou motor te moet klim om die hekkode doer teen die muur te gaan intik voor jy kan uitry.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Lucille
Stille Woning Guest House
Hi Melissa, Baie dankie vir die terugvoering, ons waardeer dit ongelooflik baie, en sal verseker elke punt nasien en verbeter waar ons kan. Hoop ons sien jou weer, Lucille.

Rene S
Kort verblyf Gesin met tieners
3.0
Mei 2023

Goeie ligging, sentraal. Geen handdoekrelings by die stort nie. Geen stort caddy om jou badseep of sjampoe te bêre nie, alles is op die vloer. Die vloer in die stort is baie glad. Beligting in badkamer is baie swak. Eenheid voorsien vir 5 mense en die tee- en koffiegeriewe is nie hervul daagliks nie. Handdoeke is ook nie Sondag vir 5 mense beskikbaar nie. Daar is nie genoeg parkering binne die perseel nie. Ontbyt te duur teen R125 pp (maak nie saak wat jy bestel nie - dis nie die moeite werd nie) en bestelling moet die dag voor die tyd gemaak word. WiFi was baie swak in wooneenheid.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lucille Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 14 jaar

Vanaf
R 2 050
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 2 050
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 55 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Karee Crescent, Kings View, White River, 1240, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8yLGJ70yFuXQsG23aPOa9Q178RZW8gGzATlkdGVeF3NpiN9D6W?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 050 per nag (plek vir 2) 83 5 1 5 19 Karee Crescent Kings View 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.320736834747 31.017767593467

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang