Absolute Beach
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Beach Road, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Absolute Beach bied selfsorgverblyf met moderne, elegante en smaakvolle interieurs. Die woonstel is in die Ocean View-woonstelkompleks op Coast Road en bederf jou met onbelemmerde uitsigte oor die horison en die see.
Die woonstel van 241 vierkante meter is geskik vir 6 gaste en bied 3 ruim slaapkamers, 'n ruim oopplan-kombuis en -leefkamer, aparte opwasarea en 'n beskutte patio. Elke kamer, sowel as die kombuis-leefarea en die buitepatio, het volle see-uitsigte.
Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n koningingrootte-bed. Hierdie kamer het muur-tot-muur-vensters, sowel as 'n skuifdeur wat direk oopmaak na die stoep met volle see-uitsigte. Die tweede kamer het ook 'n en suite-badkamer en 'n koningingrootte-bed met 'n muur-tot-muur-venster wat oor die see uitkyk. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en sy eie volledige badkamer en toilet, hoewel dit nie en suite is nie. Al 3 kamers bied onbelemmerde en panoramiese uitsigte. Slegs kwaliteit linne, badhanddoeke en katoenstrandhanddoeke word aangebied. Alle kamers het baie ruim kaste en stoorplek, sowel as 'n waaier.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien, waterfilter en koffiemasjien. Daar is ook 'n ontbythoekie en 'n toonbank met stoele. Die oopplan-kombuis en -leefarea bied 'n asemrowende en panoramiese uitsig oor die see.
Die leefarea is modern en smaakvol gemeubileer en daar is ook 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense. Die leefarea beskik oor 'n waaier, 'n slim-TV met Netflix en onbeperkte WiFi met 'n UPS. Die leefarea maak oop na 'n ruim stoep waar gaste elke aand 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die sonsondergang agter Simonstad se berge en die vuurtoring by Kaappunt dophou.
Die kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad, hysbakke, onderdakparkering, bykomende gasteparkeerplekke en 24-uur-sekuriteit.
Doendinge in die omgewing sluit in wynroetes soos die Stellenbosch-, Helderberg- en Elgin-wynroetes, Strand Gholfklub, die Elgin-stadmark, staproetes en die straatmarkte in die Strand en Gordonsbaai. Kleinmond, Hangklip en Pringlebaai is net om die draai en Somerset Mall bied talle winkels om van te kies en te besoek. Die Strand is ook bekend vir sy antiekwinkels waar 'n mens rustig kan rondkyk. Puik restaurante soos Ben's en De Brasserie is binne loopafstand. Die promenade is net oorkant die pad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Karien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 36 Beach Road, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Absolute Beach het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Beach Road, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang