Successfully reported
+33

AC Accommodation

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf nr 200, Kleinzee, 027, Noord-Kaap
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

AC Accommodation bied gerieflike en bekostigbare oornagverblyf aan gaste in Kleinzee in die Noord-Kaap, sowat 98 km vanaf Springbok en 62 km vanaf Port Nolloth. Dit is sowat 3 km se ry na die strand.

Verblyf word in 5 verskillende eenhede en kamers gebied. Elke oopplan-eenheid het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, induksieplaat, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Die knus sitarea het 'n gemaklike rusbank wat 'n kind kan akkommodeer en 'n platskerm-Slim-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die skuifdeure lei na die privaat patio wat 'n klein etenstafel en stoele het. Gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar agter hoë mure en 'n skuifhek met 'n slot.

Die 2 aparte kamers het elk 2 enkelbeddens met 'n kampvrieskas asook 'n ketel met koppies.
Die 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort en toilet. Dit is gebou om goedkoper slaapplek te bied vir mense wat net 'n plek nodig het vir 'n oornagverblyf. Daar is geen kombuisgeriewe nie.

Hout en ys is op die perseel beskikbaar. In elke eenheid is daar 'n kaart van die area asook nommers van eetplekke en noodnommers.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Abranet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Erf nr 200, Kleinzee, 027, Noord-Kaap
  • Gaste dink AC Accommodation het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 550
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 550
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 550
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf nr 200, Kleinzee, 027, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2aa56ee7d85ded606eac165c563e155cded4c2c1911e72ecc0975659e057bb512c0282905772f21ccdd7e776606240c362f0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Erf nr 200 Kleinzee 027 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.67774231569 17.065583509065

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang