Middag Fam Groenewald,
Ek is baie jammer u het die ontvangs so ervaar, ek wil darem net ons kant van die saak stel. Eerstens op die reels en regulasies wat verskaf word met u bespreking word dit baie duidelik gemaak dat kliente voor 18:00 moet inboek, ons het nie 'n 24 uur ontvangs area nie. Julle het nie by die in check tye gebly nie ons het wel 'n vergunning gemaak om vir julle te wag tot julle laat na 18:00 arriveer het. Ek dink in jul geval sou dit miskien raadsaam gewees het om maar liewer in Windhoek te oornag het, soos u noem is dit 'n vreeslike lang pad vanaf Noordoewer tot in Swakopmund, veral as 'n mens nog in die nag moet bestuur.
Ongelukkig soos julle bewus was het julle 'n selfsorgeenheid geboek wat beteken dat daar geen koffie, beskuit of muffins bedien sal word nie. Ons hanteer selfsorg akkommodasie vanaf 1993 en 99.5 % van ons gaste is baie tevrede met ons diens en akkommodasie wat ons bied.
Ons vra weereens onverskoning as die ontvangs nie na wense verloop het nie.
Groete
Christine