Adventure Bush House II
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1266 Volstruis Road, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 13)
Beskrywing
Adventure Bush House II is 'n ruim vakansiehuis in die gewilde Marloth Park en is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie aangesien dit nie net 'n entjie van die Krugerwildtuin af is nie, maar ook 'n privaat sprankelende plonspoel op die perseel het.
Die stoof, warm water, TV, verskeie ligbronne, internet en sekuriteitstelsel is ten volle in werking tydens beurtkrag.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan tot 10 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers asook 'n gastetoilet. Al 5 slaapkamers het lugversorging en ingerig met 'n koningingrootte-bed. Slegs 4 van hierdie kamers beskik oor 'n en suite-badkamer met óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beslaan die grondvlak en beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ekstra vrieskas is in die aparte opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.
Daar is 'n gesellige sitarea op die boonste verdieping wat ekstra eetplek sowel as 'n TV insluit. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Hierdie leefarea maak oop op 'n lieflike patio met braaigeriewe en buitesitplek waar gaste ten volle kan ontspan en die omliggende bosveld-uitsigte kan bewonder.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
3 x Enkelslaapbank
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
MyAdventure Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 30
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 1266 Volstruis Road, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
- Gaste dink Adventure Bush House II het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1266 Volstruis Road, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang