African Skye
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2932 Korhaan Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
African Skye is 'n ruim grasdak-vakansiehuis wat gerieflike selfsorgverblyf in Marlothpark bied. Marlothpark is 'n wildbewarea en vakansiedorp teen die noordelike grens van die Krugerwildtuin.
Die vierslaapkamerhuis bied slaapplek aan 8 gaste en is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ' n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf en ketel toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele waar gaste maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Die huis lei na 'n houtdek met 'n swembad en daar is 'n vuurput in die tuin waar gaste ook kan braai.
Die huis bied maklike toegang tot die Krugerwildtuin vir diegene wat graag die area wil verken. Gaste kan ook 'n kort entjie stap tot by die uitkykpunt wat 'n uitsig bied oor die Krokodilrivier waar gaste van die plaaslike wild sal gewaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 2932 Korhaan Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2932 Korhaan Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang