Successfully reported
+13

Agulhas Ocean House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Main Road, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 890 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

As jy moeg raak vir die chaos van die stad, is dit tyd om Agulhas te besoek en rus vir jou siel te vind. Hier, waar die Indiese en Atlantiese Oseane ontmoet, en die see en die berge mekaar aanraak, is ons luukse, stil gastehuis geleë. Agulhas Ocean House is teen 'n effense helling by die ingang van Agulhas geleë en bied beeldskone, onbelemmerde see-uitsigte.

Binne ontmoet die warm gloed van ou Chinese houtwerk Europese gekunsteldheid, maar die ontvangs is steeds pure Afrika. Die rustige turkoois aksente regdeur die huis reflekteer die beeldskone see-uitsigte en skep, saam met indigo en organiese teksture, 'n rustige interieur.

Ons bied verblyf in 5 ruim, individueel ingerigte kamers, elkeen met 'n privaat buite-sitarea en 'n en suite-badkamer. Daar is 4 kamers met see-uitsigte en 1 met 'n uitsig oor die berge en fynbos. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed, DStv, gratis WiFi, verwarmers vir die winter en waaiers vir die somer. Gaste word ook verwelkom met heerlike versnaperinge. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Ontbyt word daagliks tussen 08:00 en 10:00 in die eetkamer bedien. Vars vrugte, croissants en varsgebakte eiers is elke oggend op die spyskaart. Voorsiening kan vir spesiale dieetbehoeftes gemaak word mits dit vooraf gereël word.

'n Lugtige, gemeenskaplike leefarea met see- en berguitsigte het 'n gesellige kaggel vir daardie koue wintersaande. Die afgesonderde, inheemse tuin lok swerms voëls. Vanaf Mei tot November kan gaste kom walviskyk. Suidelike Noordkapperwalvisse word dikwels gewaar wanneer dié sagmoedige reuse die baai in kalftyd as kinderkamer kom gebruik.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jean L
Saam met lewensmaat
5.0
As jy hier iets fout vind, is jy die fout. Kon nie vir beter vra nie, verwagtinge is oorskry.
Aug 2025
Diederick P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie mooi, skoon en netjies. Die woonvertrek en kombuis is ruim. Baie mooi, skoon en netjies. Die woonvertrek en kombuis is ruim. Die klerewasmasjien ...
Sien meer
Des 2024
Fanie E
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike plek en eienaars, julle sien ons weer. Wow, wat 'n wonderlike oornagplek. Die eienaars is super vriendelik en behulpsaam. Ons het 2 nagte o...
Sien meer
Feb 2024
Fanie E
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker gebly, eienaars is super. Uitstekende diens vanaf eienaars. Baie lekker gebly en die ontbyt was baie lekker. Baie mooi uitsig oor die see ...
Sien meer
Feb 2024
Andre J
Saam met lewensmaat
5.0
Die warm ontvangs en luukse kamer was 'n buitengewone ervaring. Allan and Cheryl are perfect hosts. This is very good value for money, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Allan & Sheryl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 4 Main Road, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Agulhas Ocean House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 890
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 890
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 890
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Main Road, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ3NmNkYjE0LTI2NWEtNGQ1MS1hNzYyLTMwYThjZWI5ODMwMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 890 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 4 Main Road Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.81551 20.0282

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang