Successfully reported
+5

Albatross No. 3

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Voortrekker Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Albatross No. 3 is 'n selfsorgwoonstel in Lambertsbaai, 'n rustige vissersdorpie in die Wes-Kus, sowat 2,5 uur buite Kaapstad. Die eenheid is in 'n kompleks met 7 ander eenhede geleë.

Die eenheid het 'n slaapbank wat 'n ekstra kind kan akkommodeer.

Die woonstel is op die grondvloer en bied slaapplek vir 3 gaste in 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die oopplan-leefarea. Daar is 'n ingeboude L-vormige bank wat in 'n enkelbed omskep kan word, geskik vir 'n kind. Laat ons asb. weet indien jy vir 'n ekstra kind wil bespreek.

Die badkamer het 'n instapstort met 'n oorhoofse stort, asook 'n handstort teen die muur, 'n wasbak en 'n toilet met 'n handreling teen die muur.

Die woonstel beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea met 'n see-uitsig. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, 'n yskas, vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamerarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere plaaslike kanale. Die eenheid het buite-braaigeriewe.

Die woonstel front na die see en is ideaal geleë en 'n entjie van die strand, plaaslike winkels en restaurante af.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
3.7
Gaste se hoogtepunte
Helonet T
5.0
Het baie lekker gebly, sal beslis weer kom. Ek het baie lekker gebly, daar was alles wat nodig was. Was baie lekker met die elektriese kombers op die ...
Sien meer
Jun 2025
Zelda S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Netjies, skoon, baie gerieflik en ek is baie impressed met warm geriewe soos warm kombers, verwarmers en die binne kaggel.
Apr 2025
Rudine S
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlik Verskriklik lekke gebly.
Mei 2024
Cecelia G
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Very nice, enjoyed the stay. So amazing to look out to the seas.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Cecilia R
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige nag gehad, kon die see heelnag hoor. Lieflike plek reg by die see, die teerpad het ons van die pragtige rotse en see geskei. Plek binne was 10...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Helga Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 504

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 29 Voortrekker Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Albatross No. 3 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 29 Voortrekker Street, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34a8e03e8e92a71714f9174cf83313cfcf927a699daff12472f9fc374794969771a65b8f1ce149010d303da96d5e6f730eb5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3) 64 5 1 5 29 Voortrekker Street Lamberts Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.095965 18.302712
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang