Successfully reported
+28

Albion B&B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Crisp Crescent, Westdene, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Albion B&B is in Westdene geleë, wat as een van die lekkerste voorstede van Bloemfontein beskou word. Perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, naby die middestad en 'n verskeidenheid doendinge.

Verblyf by Albion B&B bestaan uit 3 eenhede, waarvan twee vir selfsorgdoeleindes gebruik kan word. Hierdie twee eenhede het hul eie privaat ingange en bestaan uit een of twee slaapkamers wat toegerus is met 'n koningingrootte- of twee enkelbeddens, met 'n badkamer wat of 'n bad of stort, wasbak en toilet het. Die kombuisie het geriewe soos yskas en mikrogolf, asook breekware en eetgerei om te gebruik, met 'n oopplan-eetarea en -sitarea.

Die Familie Suite bestaan uit twee kamers wat langs mekaar is, maar kan ook apart bespreek word. Die hoofkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 3 enkelbeddens. Hierdie twee kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n aparte toilet het. Geriewe ingesluit in hierdie kamers is WiFi en lugversorging, 'n TV met plaaslike kanale, asook tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër.

Albion B&B bedien ook 'n heerlike Engelse of Kontinentale ontbyt in die eetarea asook heerlike gebak soos muffins en croissants. Veilige parkeerplek word vir voertuie gebied en net 'n entjie se ry weg sal gaste museums, historiese geboue, die rugbystadion en Medi-Clinic vind.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Ansie V
Besigheidsreis
5.0
Oulike plek. Ons mense het lekker gebly. Baie gerieflike en skoon plek, kan hulle beslis aanbeveel.
Okt 2025
Nomusa M
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely place I'm definitely coming back. I had a great time. The housekeeper is so good. Friendly staff members. Lovely place indeed. S...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Chrisna K
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Rustige area met al die basiese benodigdhede. Ons het lekker gebly in die massiewe eenheid met 2 kamers. Louise was so vriendelik en verwelkomen...
Sien meer
Aug 2025
Ricardo F
Besigheidsreis
5.0
Skoon en netjies, lekker gebly. Die plek was baie mooi skoon en die eienaars was baie vriendelik en het seker gemaak dat ek gemaklik is. Daar was self...
Sien meer
Jul 2025
Le-anne J
5.0
Home away from home. Lovely and quaint guesthouse set in a beautiful and tranquil garden. The cottage was perfectly suited for my needs...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 8 Crisp Crescent, Westdene, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Albion B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 780
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 780
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Crisp Crescent, Westdene, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0694407e794d473a057c8eed718ed451c77abf51b61fd0001ed825871b89c1f0757d2c83628b8a2e03b378aef13c3d70f510?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 8 Crisp Crescent Westdene 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.101019555351 26.20526671406
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang