Successfully reported
+12

Alista

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alista, Point Village Complex, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 690 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Alista bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerwoonstel reg op die strand wat sydelings uitsigte oor die see bied. Dis in Point Village in Mosselbaai geleë en dis sommer lekker naby aan restaurante en strande.

Die woonstel bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea en 'n balkon buite. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Die leefarea het 'n TV met DStv en die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoof, broodrooster, wasmasjien, tuimeldroër en 'n eetarea. Die balkon bied gemaklike sitplek op buitemeubels en die woonstel beskik oor ingeboude braaigeriewe. Daar is parkeerplek buite die kompleks.

Die dorpie Mosselbaai is halfpad tussen Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth) geleë en dis in die hartjie van die Tuinroete. Dus is dit 'n ideale oornagplek vir reisigers tussen die Wes- en die Oos-Kaap. Mosselbaai is 'n welbekende toeristebestemming en dis veral bekend vir sy poskantoor in die vorm van 'n skoen, die Tuinroete Casino en 60 km se spierwit strande.

Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, Ther Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildsplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en vryval.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Point Geverifieer

Eiendomme 52

Resensies 186

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Alista, Point Village Complex, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alista het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 690
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 690
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 690
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alista, Point Village Complex, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f746c5d72dcb1907a25f3c39889dd7d9c1ac1adee2cf5bac0155ef49e18ad842a20f3b2c6a8721ca83b0979bee231cff12d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 690 per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 Alista Point Village Complex 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.182823821731 22.157226966934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang