Successfully reported
+59

Alm-Ü

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stand 297, Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R3 230 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Alm-Ü is in die hartjie van Dullstroom, Mpumlanga geleë, stapafstand vanaf verskeie goeie restaurante, winkels en galerye, en is ideaal vir gesinne wat smag na 'n blaaskans, of paartjies wat bietjie kwaliteit-tyd saam wil deurbring.

Daar is onlangs 'n sonkragstelsel geïnstaleer om die impak van beurtkrag sover moontlik te beperk. Water word ook ononderbroke deur 'n watertenk voorsien.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 2 kaggels waarvan 1 op die tweede verdieping in die hoofslaapkamer is. Die boonste en-suite badkamer bevat 'n ruim stort, asook 'n groot gemaklike bad. Daar is 'n klein sitkamer in die hoofslaapkamer waar 'n mens heerlik langs die kaggel kan ontspan. Die balkon met sy uitsig oor die Suikerbosch-koppie is perfek om die dag met 'n oggendkoffie te begroet, of om dit met 'n skemerkelkie af te sluit.

Die tweede kamer kan 3 mense akkommodeer op die stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die derde kamer het 'n dubbelbed.

Alle kamers het gehaltelinne, donsveerduvets, elektriese komberse, bad- en gesighanddoeke, hangers en haardroërs.

Daar is ook 'n koffiemasjien wat met genoeg bone vir die eerste aand voorsien word. Daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en lugbraaier.

Verder het gaste toegang tot 'n kuierarea met 'n ingeboude braai en seile wat na gelang van die weer, oop en toe kan trek.

DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 134 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Pierre B
Saam met lewensmaat
5.0
Onvergeetlik! Ons het baie lekker gebly. Die gasheer het geen moeite ontsien om ons verblyf onvergeetlik te maak nie. Sal vir seker weer hier kom kuie...
Sien meer
Sep 2025
Marisaan G
5.0
Fantasties! Als was uitstekend, sal beslis weer daar boek.
Aug 2025
Debbie B
Gesin met tieners
5.0
Absoluut fantasties! Van die beste verblyf waarin ek nog gebly het. Alles is pragtig, skoon en so mooi. Sal dit beslis aanbeveel.
Aug 2025
Frik D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike naweek in baie mooi verblyf en pragtige dorp. Gasheer was puik en so ook die geriewe.
Feb 2025
Heidi V
Saam met lewensmaat
5.0
Very beautiful house, enjoyed the freshly ground coffee in the morning! Absolutely amazing stay! Would definitely recommend to others. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 134

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Stand 297, Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Alm-Ü het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 230
per nag, vir 7 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 230
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R 3 230
per nag, vir 7 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stand 297, Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ce69210008d134990a7d6eb11330269892aa967739c3e0960cae2e5885cbea11cbeaae575169bdc0a2f7e5dd924ab44e5f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 230 per nag, vir 7 mense 134 5 1 5 Stand 297 Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.414746582351 30.104777365923

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang