Successfully reported
+48

Aloevale Karoo Farmhouse & Cottages

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Oatlands Road, Riet Fontein Farm Portion 4, Klipplaat, 6255, Oos-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Aloevale Karoo Farmhouse & Cottages is in die skilderagtige Karoo op 'n privaat werkende vee- en wildplaas sowat 34,6 km buite Klipplaat. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek omring deur die natuur.

Verblyf is beskikbaar in 3 verskillende selfsorg-eenhede. Gaste kan kies tussen 2 kleiner kothuise of 'n groot plaashuis. Al drie hierdie eenhede beskik oor privaat ingange, gemaklike beddens, privaat badkamers, leefareas, kombuise, stoepe en braaigeriewe. Vars reënwater word voorsien wat gaste kan drink.

Die plaashuis se kombuis is met 'n vrieskas, yskas, mikrogolfoond, elektriese en gasstoof, -oond, broodrooster, ketel, ysmasjien, toebroodjierooster, 'n dompelkoffiepot, asook 'n verskeidenheid potte en panne. Daar is potjie- en broodpotte, pizza-braai, braaigeregte, braai-borde en 'n tang. Oorgenoeg breekware en eetgerei is beskikbaar. Boonop spog die ruim plaashuis met 'n binne- en buitebraai, kuierarea en 'n swembad. Die slaapkamers het lugversorging.

Elkeen van die kleiner kothuise se kombuisies is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, -oond, broodrooster, ketel, toebroodjierooster, 'n dompelkoffiepot, asook 'n verskeidenheid potte en panne. Daar is potjie- en broodpotte, pizza-braai, braaigeregte, braai-borde en 'n tang. 'n Verskeidenheid breekware en eetgerei is beskikbaar.

Elkeen werk met Eskom-krag en het warm water, in geval van kragonderbrekings is ligte en gasstoofplaatjies beskikbaar. Neem asb. kennis dat die area 'n Vodacom-toring het, maar die sein kan stadig wees.WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel, uitsigte oor die watergat waar vee en wild gereeld besoek, asook begeleide wildritte.

Hierdie verblyf is ongeveer 62,4 km vanaf Aberdeen en 67,2 km vanaf Jansenville waar gaste geriewe soos plattelandse winkels en restaurante kan geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Quinton Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Oatlands Road, Riet Fontein Farm Portion 4, Klipplaat, 6255, Oos-Kaap
  • Gaste dink Aloevale Karoo Farmhouse & Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 850
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Oatlands Road, Riet Fontein Farm Portion 4, Klipplaat, 6255, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc0145c8111b831dabc3cdc834d626805d477fff58f328f8fc2545e20643eda5ae342f5d44d3bfc8fede5a2c728e819df3f7b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Oatlands Road Riet Fontein Farm Portion 4 6255 Oos-Kaap 021 201 8901 10:00-17:00 12:00 -32.846675744452 24.382610321045
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang