Aloha 1
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Malmok Street, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R1 320 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Aloha 1 is 'n selfsorg-solderwoonstel op dieselfde perseel as 2 ander eenhede, Aloha 2 en 3, maar het sy eie ingang. Die woonstel is in Paternoster, 'n ouwêreldse vissersdorpie aan die Weskus geleë. Dié dorpie is 'n gewilde toeristebestemming vir diegene wat op soek is na 'n Mediterreense atmosfeer, hemelblou water, afgewitte kothuise, tradisionele vissersargitektuur en eindelose, wit sandstrande.
Aloha 1 is 'n netjiese woonstelletjie met 'n oopplan-uitleg en slaapplek vir 2 gaste. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n rusbank, kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Daar is ook gratis WiFi. Die woonstel het ook 'n privaat balkon met braaigeriewe en 'n onbelemmerde uitsig oor Paternoster. Dit is sowat 200 m vanaf die strand en stapafstand van die dorp.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 64
Resensies 927
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 10 Malmok Street, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Aloha 1 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10 Malmok Street, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang