Successfully reported
+20

Aloha Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 River Street, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 640 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Aloha Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf op die oewer van die Goukourivier in Stilbaai-Wes en is ideaal vir 'n gesin. Gaste kan hul eie kano's, kajakke of motorbote saambring, want daar is 'n jetty met plek vir 2 bote.

Verblyf is beskikbaar in 'n eenheid vir 8 gaste en 'n eenheid vir 6 gaste. Elke eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort in die eerste badkamer en die tweede badkamer het 'n bad. Alle linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea met 'n binnebraai. Aloha 1 het 'n kombuis wat met 'n stoof en oond toegerus is en Aloha 2 se kombuis is met 'n luukse twaalf-in-een-koker toegerus, asook 'n elektriese rooster. Verder het elke eenheid 'n TV met die volle DStv-pakket en gratis WiFi.

Hierdie eenhede het stapeldeure wat na 'n voortuin lei wat 'n uitsig oor die Goukourivier het. Die tuin is die ideale plek vir 'n skemerkelkie en kwaliteittyd saam met die gesin.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Chanel H
5.0
Baie mooi, sal beslis weer hier wil bly. Baie mooi plekkie, rustig en stil.
Aug 2025
Lulu L
Saam met vriende
5.0
Ons sal vir seker weer gaan. Ons het baie lekker gebly. Dit was skoon en stil.
Mei 2025
André N
Saam met vriende
5.0
Lekker. Baie lekker gebly en gekuier, dankie.
Mei 2025
Marietjie P
Gesin met klein kinders
5.0
Perfekte plekkie vir 'n lekker wegbreek. Die dek tot by die lagoon was 'n bonus! Dit was 'n groot bederf!
Mei 2025
Sarah R
Gesin met tieners
5.0
Baie baie lekker het dit omtrent geniet. Ons het baie lekker gekuier, en die mooiste plek en omgewing, en wil graag vir Anna-Marie sê baie dankie vir ...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Annamarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 21 River Street, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aloha Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 640
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 640
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 1 640
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 River Street, Still Bay West, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA03398f60d7cb57595127871d89d00e0189fe8574816a5a191b35b3c2a0464eff10ead9da16296e91d3cff94c112990bb3185?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 640 per nag (plek vir 8) 23 5 1 5 21 River Street Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.35815810551 21.415268055845

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang