Altelekker Houthuis
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 37 Voëlklip Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Altelekker Houthuis is in Jongensfontein geleë en bied gaste gerieflik gemeubileerde selfsorg-eenhede net 600 m van die see af.
Gaste kan óf die Houthuis met slaapplek vir 8 óf die woonstel met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 - 3 kinders, óf albei eenhede bespreek. Die Houthuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers, asook 'n aparte eenheid vir 2 mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer. Die ander 2 kamers het elk 'n dubbelbed, en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die aparte eenheid, Ramkamp, is ingerig met 2 enkelbeddens vir kinders en het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die woonstel het 2 slaapkamers met dubbel- en enkelbeddens, en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Die leefarea het ook 'n slaapbank vir 1 persoon. Neem asseblief kennis, die Woonstel is onder die Houthuis geleë, maar bied steeds 'n pragtige see-uitsig.
Elkeen van die eenhede het 'n oopplan-kombuis met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, asook 'n yskas, en 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar vir gebruik. 'n TV met DStv is ook in elke eenheid beskikbaar. Braaigeriewe, asook parkeerplek, is beskikbaar.
Jongensfontein bied verskeie doendinge soos walviskyk, gholf, tennis, juskei, visvang, snorkel en skubaduik.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
MONA Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 291
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 37 Voëlklip Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Altelekker Houthuis het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 37 Voëlklip Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang