Successfully reported
+25

Amber Collection

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 160 Lesedi Street, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Amber Collection is op 'n klein, veilige landgoed, The Ambers, in Dullstroom. Dit bied gehalteverblyf aan vakansiegangers en sakereisigers en is naby talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede.

Amber View is 'n huis met 3 slaapkamers en slaapplek vir 6 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Dit het ook 'n oopplan-leefarea met 'n eetarea, sitarea en 'n kombuis. Die stoep spog met 'n ingeboude braai met 'n braaiplek en sitplek, asook 'n ontspanningshoekie met 'n hangmat. Die stoep het groot aluminium-stapeldeure wat lei na 'n houtdek waar gaste heerlik kan ontspan.

Amber Loft is 'n oopplan-ateljeewoonstel met 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Verder is daar 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is. Die kamer het ook genoeg pakplek, 'n spieëlkas, en voldoende kragpunte, insluitend 'n USB-laaipunt.

Amber Rest is 'n tuinkothuis en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV, en 'n eetarea waar gaste kan eet. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Warren W
5.0
Highly recommended. Great place! Comfortable, quiet and close to the main areas. Tastefully decorated. Highly recommended. Would defini...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Bill S
Saam met lewensmaat
5.0
Private, spacious, cosy for a loving couple. Lovely kitchen, lounge and fireplace. Shower - piping hot water with a top-class shower he...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Yolande J
5.0
Heerlik, gerieflik en rustig. My kuier by Amber Collection was wonderlik. Die eenheid is baie mooi, netjies en skoon! Naby aan vele restaurante en win...
Sien meer
Mei 2024
Madelein P
Saam met lewensmaat
4.8
Rustig en gemaklik. Ons het heerlik gebly. Die eenheid is baie goed toegerus met alles wat nodig is. Alles is baie mooi skoon en netjies. Die enigste ...
Sien meer
Aug 2024
Derick E
Saam met lewensmaat
4.0
Aangename blyplek, sal weer daar bly. Aangename blyplek, maar 'n aantal probleme ervaar wat op dieselfde dag reggestel is. Dit is egter nie onvoorsien...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 203

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 160 Lesedi Street, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Amber Collection het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 160 Lesedi Street, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50af49e884998bd818c8e6e19b582ef937e4a7d6e83f93a2e505ee4f63613219887bf2df8a1585ff5a0b28a20407f1091838?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 160 Lesedi Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.419345856533 30.101215676938

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang