Successfully reported

Amphitheatre Backpackers Lodge

Rugsakreisigerslosies

Resensies

3.3/ 5

Gebaseer op 20 resensies


Netheid
3.2
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.2
Veiligheid
3.5
Mariana F
1 nag
5.0
Mrt 2024

Hartlik, uitnodigend, skoon en sal weer hier kom kamp. Amhitheatre Backpackers Lodge het 'n pragtige uitsig op die Drakensberge. Die ontvangsdame was baie uitnodigend en vriendelik met ons aankoms. Die kombuis was silwerskoon en vadoeke spierwit. Die dame wat dit so netjies en skoon hou verdien beslis 'n Bells. Ons het nie vir een oomblik onveilig gevoel nie. Kinders het gaan stap, tafeltennis gespeel en gesauna. Ons twee honde het die wêreld vol gehardloop op die groene gras. Lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stephen B
Kort verblyf
4.8
Mei 2025

Nice views from the campground. Good and affordable camping. Only concern is it seems you can now no longer do trail runs on the other side of the fence.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gia M
1 nag Saam met vriende
4.6
Feb 2025

We had a very restful 4 days. Stay was fantastic. The only thing I found challenging is that the staff at the bar were not always around and we had to wait for a long time for them to come or go and find them. There was also no ice on sale on site. Food was superb.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacques D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Apr 2025

Uitstekende naweek met pragtige uitsig en goeie geselskap en goeie diens. Ons het dit vreeslik geniet, die uitsig is uitstekend, fasiliteite was gerieflik en heeltemal voldoende vir ons groep. Die personeel het probleme vinnig uitgesorteer, ons het regtig heerlik gekuier. Hou baie van die setup. Sal dit vir seker aanbeveel.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Wayne A
Kort verblyf
3.6
Feb 2025

Pleasant stay! While a little more basic than the photographs suggest, it was a good stay. Unfortunately, the food menu was no longer applicable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Natasha F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Jul 2025

Disappointing. Slow, uninterested, no hot water, no service. Tours poorly planned as only one guide and this time without a car.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Juané V
1 nag
2.8
Feb 2025

Rustige omgewing. Blyplek was aanvaarbaar. Net ongelukkig glad nie rolstoel of lae mobiliteit toeganklik nie.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Judy S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
1.6
Jul 2025

Baie onaangename slegte ervaring. Ek het ’n 8-bed kamer geneem vir myself en twee klein dogtertjies. Toe ons inboek, is ’n 6-bed aan ons gegee. Teen die eerste aand is ’n vreemde man saam met ons ingedeel. Ek het dit gaan aanmeld, want ek was glad nie gemaklik daarmee nie. Hy is toe geskuif na ’n ander kamer. Volgende oggend – selfde storie, weer ’n man saam met ons ingedeel. Ek het die oggend vir die webtuiste gekontak en my probleem verduidelik. Nerens op die webtuiste word dit eksplisiet gesê dat mens saam met vreemde mense ingedeel sal word nie. Die 8-bed (wat ek bespreek het) se beskrywing is ook anders as die 6-bed (wat ek gekry het). Die 6-bed sê dat mens per bed betaal. Die 8-bed sê dit glad nie. Ek is toe deur die webtuiste gehelp en in ’n meer geskikte kamer ingedeel. Ek voel dat die webtuiste misleidend is. As ek geweet het ons sou met vreemdes ingedeel word, sou ek beslis nie daar bespreek het nie. Ek moes ook R2000 ekstra inbetaal vir die ander kamer. Die webtuiste het glo aan die bestuurderes gesê dat ek, die kliënt, ’n fout gemaak het met die bespreking. Dit is absoluut onwaar. Ons het die ekstra geld noodgedwonge betaal. Die dag daarna het die oord my gebel en baie ongeskik aangeval omdat ek glo nie betaal het nie, nadat ek reeds het. Verder het die toilet by die eerste kamer nie gespoel nie, die gasgeisers gee permanent probleme, die kamers was vuil, geen handdoeke (soos op die webtuiste vermeld nie), nie genoeg toiletpapier nie – algehele verval van al die eenhede (geen onderhoud nie). Die oord se tariewe is ook glad nie in lyn of realisties in my opinie nie. Dis basies en skraps, en kos soortgelyk aan baie beter opsies in dieselfde area. Ek gebruik die webtuiste al vir 20 jaar en glo nie ek sal jul dienste weer gebruik nie. Ek glo nie dat hierdie oord in lyn is met die ander oorde en jul standaarde nie. Niemand wou luister dat ek as kliënt nie geweet het dat daar mense saam met ons ingedeel kan word nie, en dat die webtuiste se bewoording nagegaan moet word nie. Hoe kan dit aanvaarbaar wees vir ’n dame en twee dogtertjies (8 en 10 jaar oud) om saam met vreemde mans te slaap – sonder dat dit duidelik gestel word op jul webtuiste? Ek is van mening dat dit die webtuiste se skuld was en ek, as die kliënt, is baie sleg benadeel. Ons was ook daar saam met ’n baie groot groep mense (mede-motorfietsryers) en almal is bewus van wat gebeur het. M.a.w. nie net een kliënt is hierdeur beïnvloed en negatiewe bemarking versprei nie!

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Karmen S
1 nag Saam met lewensmaat
1.2
Apr 2025

Wat op die webtuiste gestaan het, stem nie oor een met die plek nie. Baie teleurgesteld met die fasiliteite, die badkamers was vuil en ek was nie onder die indruk dat die badkamers en storte unisex is nie. Ons moes die volgende oggend vroeg vertrek en kon nie slaap nie, want die gemeenskaplike area/ander gaste het tot laat musiek gespeel. Die gasvrou was nie baie akkommoderend of vriendelik nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Frans V
1 nag Saam met vriende
4.6
Mrt 2024

Een nag se oorslaap - perfekte oornag stop vir motorfiets toerders. Regte egte backpackers. Alles was soos ek verwag het. Het lekker om die vuur gesit en gesels met Amerikaners, Swede, Nederlanders en Britte.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.3/5

Ilsa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
R 270
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 270
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 270
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 2219 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 00:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R74, Amphitheatre Backpackers Lodge, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA31ef5d28f9f819f506917ff7bf741cb9267415f111d19467fe30ada82ae4a016ddcb0f7729a7273f1ea8c9bb8cad9a6a7e42?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R270 per nag, vir 2 mense 20 5 1 4 R74 Amphitheatre Backpackers Lodge 3350 KwaZulu-Natal 021 201 8901 00:00-23:00 10:00 -28.643295 29.158825
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang