Successfully reported
+24

Anne's Place

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2344 Hare Road, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Anne's Place is 'n dubbelverdieping-selfsorgwoonstel in die bekende Bettiesbaai, 'n area ryk aan fynbos omring deur berge en waar die strand slegs 5 min weg is. Die eienaar woon op die perseel in 'n privaat eenheid met sy eie ingang.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-sitkamer en -eetarea, asook 'n kombuis. Die slaapkamers is op die boonste verdieping. Die eerste een het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die boonste verdieping beskik ook oor 'n badkamer en 'n dek met braaigeriewe.

Die onderste verdieping beskik oor die tweede badkamer, sitkamer met eetarea en kombuis. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en jy kan ook jou eie dekodeerder en slimkaart saambring. Die motorhuis is op versoek beskikbaar. Tydens die Kersfees en Nuwejaar-vakansie is volledige DStv-kanale beskikbaar. Geen WiFi is beskikbaar nie. Daar is 'n motorhuis op die perseel.

'n Skoonmaakdiens is nie tydens verblyf beskikbaar nie. Let asseblief dat slegs gaste wat bespreek het, toegelaat word. Geen harde musiek, partytjies, rook in die eenheid, of troeteldiere word toegelaat nie. Die huis is ook nie rolstoelvriendelik nie.

Doendinge in die omgewing sluit fietsry, voetslaan en visvang in. Dis net 'n entjie se ry vanaf die pikkewynreservaat, Black Oystercatcher Reservaat en die Harold Porter Botaniese tuin.

Tussen Julie en November kan die Suidelike Noordkapperwalvisse ook gesien word. Bettiesbaai is sowat 130 km vanaf Kaapstad en 50 km vanaf Hermanus.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 132 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Anna Jane R
Gesin met tieners
5.0
Dit was rustig, ons was nie gepla nie en ek sal dit gou weer doen. Ons het baie lekker gebly, dit voel soos ons eie huis en Anne maak dit nog meer lek...
Sien meer
Aug 2025
Judy-ann W
Saam met lewensmaat
5.0
We had a very peaceful and relaxing stay. Our stay was so peaceful, the accommodation was outstanding, very neat with a well-equipped k...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Fernando C
Saam met vriende
5.0
Gasvryheid 100%, verblyf is gemaklik en rustig. My verblyf by Anne's Place was waarde vir geld. Haar vriendelikheid laat jou onmiddellik tuis voel. Ba...
Sien meer
Jun 2025
Shaheen P
Saam met vriende
5.0
Our stay was comfortable and we had a ball of a time. It was fantastic, quiet, peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Suemarie V
Saam met vriende
5.0
Ongelooflik mooi en netjies. Baie vriendelike diens en die tannie is regtig baie nice en haar plekkie is wonderlik. Het baie lekker geslaap daar, sal ...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Suzanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 132

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 2344 Hare Road, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Anne's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2344 Hare Road, Betty's Bay, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1976ed4060471929d4ca53262f85d8b3cca2364ac19417f453fa54659110beef7720f3bf43a4217c0d248eadfef8ae21caa0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 132 5 1 5 2344 Hare Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -34.365001618763 18.874091811045

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang