Successfully reported
+34

Apollo Selfsorg

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 19 Apollo Street, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Apollo Selfsorg is in 'n stil woonbuurt in Vredenburg geleë en bied moderne verblyf vir 2 mense.

Gerieflik gemeubileer, die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, daar is 'n kombuis, asook 'n badkamer met 'n stort en aparte toilet. 'n Werkende lessenaar, WiFi en 'n internetverbinding is ook beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, braaipan, strykyster, ketel, 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe asook die nodige eetgerei en breekware. Daar is ook 'n strykyster en strykplank. 'n TV met DStv en WiFi is ook beskikbaar.

Apollo Selfsorg is net 'n kort entjie se ry vanaf verskeie restaurante, die sentrale sakearea en die Weskus Mall. Vredenburg bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge wat wissel van bergfietsry, die Fossielpark, en in blomseisoen kan lieflike veldblomme en madeliefies gesien word. Paternoster, Velddrif, St Helenabaai en ander kusdorpe is almal binne 30 km se ry en bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge.

Braaigeriewe is beskikbaar indien vooraf gereël.

Kyk ook na die foto's vir van die aktiwiteite in die area.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Heidi E
Saam met vriende
5.0
Lovely stay, we felt safe and the flat was well equipped. My daughter and I needed accommodation as she took part in the Western Cape c...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Cherney M
Saam met vriende
5.0
Nice. Ek sal beslis weer terugkom. Die diens was amazing.
Apr 2025
A M M
Saam met lewensmaat
5.0
Was daar vir 'n troue. Alles was skoon en netjies, alles wat mens benodig het, was daar.
Mrt 2025
Willem S
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, skoon, gemaklik. Ons het baie lekker gebly in Apollo selfsorg. Baie dankie.
Des 2024
Piet V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal definitief weer gaan. Was regtig stunning. Baie ekstra goedjies met baie liefde gedoen. Dankie.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 19 Apollo Street, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Apollo Selfsorg het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 19 Apollo Street, Vredenburg, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA30c63d9f9da90a9ab111c41c4b2d187867c3a42f0ce6de554e16cf83a53f5410ef2b2880bd533b7c00433bb8601762d330b3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 53 5 1 5 19 Apollo Street Vredenburg 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -32.89958760312 17.996249198914
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang