Successfully reported
+27

Arundel Studios

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bethel Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Arundel Studios het asemrowende, onbelemmerde uitsigte op die Malutiberge en gaste word wakker met 'n wonderskone uitsig van Golden Gate. Gaste kan ervaar hoe dit is om in harmonie saam met die natuur te leef. Hier kan hulle weer die waarde van stilte besef en die natuurlike skoonheid van die natuur geniet.

Arundel is sowat 2 km vanaf Clarens en is op 4 hektaar naby die rivier op die Bethel Landgoed geleë. Die landgoed is hoog geleë en spog met uitsigte op Berg Horeb, Golden Gate, die Malutiberge en die Witteberge in die rigting van Ficksburg. Dit bied die beste van twee wêrelde met die stil natuur én nabyheid aan Clarens. Clarens is die skat van die Oos-Vrystaat en bied lieflike besienswaardighede.

Verblyf word in 2 selfsorg-ateljees gebied, elk met sy eie ingang en vollengte vensters met ongelooflike berg-uitsigte. Elke ligte, lugtige oopplan-eenheid van 24 m² het 'n koningingrootte-bed, 'n leefarea met 'n kaggel en 'n eetarea en 'n en suite-badkamer. Linne, 'n elektriese kombers en handdoeke word voorsien. Die WiFi werk, al is die krag af.

Berei jou eie geregte voor in ons volledig toegeruste, handgemaakte kombuis met graniet-oppervlaktes, vrystaande vlekvryestaal elektriese stoof met gasstoof, mikrogolfoond, en yskas met 'n eindelose voorraad van ons eie mineraalwater uit die berg, of besoek een van die ouwêreldse restaurante in Clarens.

Hierdie aantreklike ateljees het elkeen 'n onderdakstoep met braaigeriewe en tuinmeubels waar jy kan ontspan en jouself verlustig in die uitsigte na 'n dag se stap, bergfietsry, gholfspeel of ontspanning langs die rivier.

Daar is 'n piekniekarea by Klein Caledon waar gaste in die river kan swem of visvang.

Arundel is die ideale basis vanwaar jy avontuurlustige doendinge kan aanpak, ontspan en uitgaan vir romantiese etes in Clarens. Die eienaars sal jou help met jou keuses. Rook is verbode in die ateljees, maar daar is asbakkies op die stoep beskikbaar. Die eenheid maak van boorgatwater gebruik.

'n Daaglikse skoonmaakdiens is nie ingesluit nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 205 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Henry O
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige en stil. Baie netjies en skoon met 'n pragtige uitsig oor die berge.
Okt 2025
Reinhardt B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie stil, rustig en uitstekende uitsig op die berge. Uitstekende wegbreek.
Jul 2025
Alet V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsigte, snoesige bed en gerieflik. Naby dorp en baie goed toegerus! Heerlike, rustige verblyf.
Jun 2025
Irma L
5.0
Wonderlike rus, uitsig, stap en Clarens bederf! Baie dankie vir 'n ongelooflike lekker verblyf. Die studio het alles wat mens nodig het en meer, die b...
Sien meer
Mei 2025
Louis D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige verblyf met mooi uitsig. Aangename plek, naby aan dorp en mooiste uitsig.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 761

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Bethel Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Arundel Studios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bethel Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKwsypnkYzG0T4Js7jWmXldOymKE7HnNxbwdBz2pdIJcni6Wm0x?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 205 5 1 5 Bethel Estate Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.543417025748 28.447559743004
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang