Successfully reported
+36

Avonsrus Guest House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 1218, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Vanaf R3 795 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Avonsrus Guest House bied gehalte-verblyf aan 8 gaste en is die ideale oornagplek vir avontuurlustige natuurliefhebbers en sakereisigers. Die huis is naby die Augrabies-waterval wat dit die perfekte plek vanwaar gaste die doendinge van die omgewing kan verken.

Avonsrus Guest House is 'n opgeknapte plaashuis wat oorspronklik in 1954 gebou is. Die huis beskik oor lugversorging en 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 1 stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof, oondjie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek, asook 2 slaapbanke om ekstra gaste te akkommodeer.

Daar is 'n lieflike braai-area en wingerdhout is te koop om heerlik vuur te maak terwyl jy onder die sterrehemel kuier en die rustigheid geniet wat net die platteland kan bied. Kinders kan lekker op die groot erf en klimraam klouter en baljaar.

Braai- en ontbytpakkies is op versoek beskikbaar. 'n Plaas-ontbyt en -aandete kan op versoek voorsien word. Gratis WiFi is beskikbaar sowel as volle DStv en Netflix.

Daar is 'n basiese winkel en 'n skoonheidsalon stapafstand van die huis af.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Kinderbed vir 2

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
David B
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. A wonderful 2-night stay in a uniquely restored farm house. Friendly host who assisted us with good advice and immediately m...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Naomi P
Saam met vriende
5.0
Oornag oppad Namibië toe. Baie lekker gebly, gemaklik en goed toegerus.
Jun 2025
Helene V
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie waarde vir geld. Vriendelike diens. Ons het verskriklik lekker daar gebly. Dit is skoon en netjies. Daar is genoeg spasie vir twee baie kleuters...
Sien meer
Mei 2025
Dennet L
Saam met vriende
5.0
Best experience in a long time. What a gem! All exceeded our expectations. The host was very kind and helpful. Best experience in a lon...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Tanya P
Saam met vriende
5.0
Ongelooflike mooi plekkie! Die plekkie het al ons verwagtinge oortref! Ria-Lize het ons onmiddellik met ons aankoms laat tuis voel. Avonsrus is ongelo...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

RIA-LIZE Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Plot 1218, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Gaste dink Avonsrus Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 795
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 795
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 3 795
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 1218, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAITTDppoklJL5QFGX04C09e1KOgczIetMNLT2u0kKvCT53CYoyD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 795 per nag, vir 8 mense 67 5 1 5 Plot 1218 Augrabies 8874 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.663612200846 20.423422169312
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang